• EK IS NOG
    OP SKOOL

    Soos wat jy die einde van jou skoolloopbaan nader, raak die besluite wat jy neem al hoe belangriker. Solidariteit Jeug gaan jou ondersteun met 'n paar opsies, onder meer psigometriese toetse, studie opsies en vak ondersteuning om te verseker dat jy ingeligte besluite neem. Wees slim. Wees voorbereid op jou toekoms.

    EK IS 'N
    STUDENT

    Jy is nou 'n student. Jy werk hard en jy geniet die lewe. Kry nou die regte voet in die deur met Solidariteit Jeug – jou snelweg na 'n goeie werk. Ons versnel na geldsake, studie-opsies, koningskos, studentelewe en hoe om jou eerste CV op te stel.

    EK IS OPSOEK
    NA WERK

    Dit is van kardinale belang om jou stempel af te druk; vir jouself, jou medemens en jou toekoms. Solidariteit Jeug stel alles moontlik aan jou beskikbaar om jouself te bemagtig om die volgende groot stap in jou lewe te neem. Die wêreld van werk lê nou op jou voorstoep.

    EK HET WERK
    WAT NOU?

    Jou curriculum vitae het 'n goeie indruk gemaak en jy het die traumatiese werksonderhoude oorleef en jou eerste werk gekry. Wat nou? Hier is alles wat jy moet weet vir jou eerste dag by die nuwe werk.

    EK WIL MYSELF
    BEVORDER

    Dit is baie belangrik dat jy voortgaan om jouself te verbeter; elke jaar, heeljaar, sodat jy aan die einde van die jaar vir jou werkgewer méér werd is as wat jy aan die begin van die jaar was. Maak jouself onmisbaar. Jy het dalk nóú die pos gekry maar dit beteken nie jou werkgewer kan jou nie later vervang met iemand anders nie. Solidariteit Jeug fokus op maniere waarop jy jouself deurlopend kan verbeter in die werkplek.

    OOR
    SOLIDARITEIT
    JEUG


    Jy is jonk; jy is uniek; en jy het spesiale talente wat jou uitsonderlik maak en jou bo die res laat uitstaan. Solidariteit Jeug wil jou GRATIS bystaan met al die kennis en inligting wat jy nodig het om jou besondere talente te ontwikkel sodat jy 'n unieke bydrae tot jou toekomstige werkplek kan maak.

    WAT BIED
    ONS JOU?

    Solidariteit Jeug stel alles moontlik gratis aan jou beskikbaar om jouself te bemagtig om die volgende groot stap in jou lewe te neem, selfstandigheid. Dit sluit in: internskappe; die opstel van jou CV; voorbereiding vir werksonderhoude; jou eerste dag by die werk; asook natuurlik voortdurende selfverbetering.


    Teken Op




    WORD
    'N LID -
    GRATIS

    Solidariteit Jeug is die sleutel tot jou toekoms. Dit is noodsaaklik dat jy jouself moet kan toerus met die nodige kennis om 'n goeie werk te kry. Al wat jy hoef te doen om hierdie dienste GRATIS te ontvang, is om as lid te registreer.


    Teken Op

    BEL
    012 644 4300

    E-POS
    diens@solidariteit.co.za

    KOM KUIER
    H.V. DF Malan en Eendrachtstraat, Kloofsig

    KONTAK
    ONS

    EN VOLG ONS

    Registreer / Register

    Maak toe / Close