BEL ONS: 012 644 4300

Dankie dat jy help om die land se ligte aan te hou

Een ding is seker – alles is onseker! Die Covid-19-pandemie het die wêreld onderstebo gedraai. Oornag is daar werk gemaak om nuwe planne te beraam waarby Solidariteit en Solidariteit-lede moes aanpas. Die nuwe normaal het soms buitengewone vereistes. Solidariteit kan egter met groot trots getuig dat Solidariteit-lede by Eskom die vermoë het om buitengewone omstandighede te trotseer.

Eskom-werknemers het al in die verlede talle uitdagings beleef en kan getuig hoe deursettingsvermoë, veerkragtigheid, én met die hulp van Solidariteit se getroue diens, geen probleem onoorkombaar is nie. Die manne en vroue by Eskom wat met trots hulle werk aanpak is nie slegs werknemers nie – jy is ’n skepper van hoop in tye waar onsekerheid die norm is. In onsekere tye het gewone mense die buitengewone omstandighede met durf en daad aangepak om Suid-Afrikaners eerste te stel.

Die onmoontlike is vermag deur Suid-Afrikaners van broodnodige elektrisiteit te voorsien. Die ligte kon aanbly, maatskappye wat nodig is om die ekonomie aan die gang te hou kon hulle dienste voortsit, gewone mense kon tydens die inperkingstydperk kosbare tyd saam met hulle families deurbring terwyl Solidariteit-lede by Eskom gesorg het dat Suid-Afrika se ligte aangebly het – alles te danke aan jou!

Solidariteit wil graag aan elke Solidariteit-lid en werknemer van Eskom dankie sê. Dankie vir jou opoffering en dat jy bereid is om Suid-Afrika eerste te stel. Jy maak Suid-Afrika trots!

Om jou sertifikaat af te laai, klik hier.

Kyk na ons dankiesê-video aan jou, hier onder.

Registreer / Register

Maak toe / Close