/*php if (function_exists('dimox_breadcrumbs')) dimox_breadcrumbs(); */?>
Solidariteit-lede sowel as Solidariteit Jeug lede tot en met die ouderdom van 24 jaar mag vir die kompetisie inskryf. Die beurs geld net vir inskrywings vir 2020 by Akademia. Hierdie inisiatief beklemtoon maar weereens waarom Solidariteit soveel meer as ’n gewone vakbond is - ons beskerm ons lede se werk deur hulle reg op te lei!
WAT WORD ALLES BY DIE BEURS INGESLUIT
Aangebied deur Akademia ter voltooiing van jou studies.Onthou dat as jy ’n vak druip, jy self verantwoordelik is vir die koste van die herhaling van die spesifieke vak. As jy jou jaar druip, verval jou beurs en is jy as beursnemer verantwoordelik vir die terugbetaling van die studiebeurs se uitstaande bedrag vir die spesifieke jaar wat gedruip is.
Alle hancboeke wat Akademia verskaf vir jou studies. Hierdie bepaling sluit handboeke vir die graadkursus uit.
Waardeur jy toegang tot die e-studente-ondersteuningstelsel, die aanlyn biblioteek en al jou toetse en werkopdragte asook ondersteunende studiemateriaal kry.
Een tabletrekenaar word gegee vir elke kwalifikasie waarvoor jy inskryf.
Hierdie tabletrekenaar se leeftyd word uitgewerk vir die standaardtydperk van die betrokke studies (een of drie jaar onderskeidelik). Sou jy jou studietydperk verleng, is Akademia nie aanspreeklik vir verouderde tegnologie as gevolg van jou langer studietydperk nie.
Daar sal van enige beurswenner by Akademia verwag word om ’n skuldbewys in te vul voor so ’n beurs bekragtig word. Deur vir die Beurskompetisie aansoek te doen stem u in dat u inligting met 3de partye gedeel sal word binne die Solidariteit Beweging wat betrekking het tot die Beurskompetisie
Solidariteit-lede sowel as Solidariteit Jeug lede tot en met die ouderdom van 24 jaar mag vir die kompetisie inskryf. Inskrywings
moet aan Akademia se toelatingsvereistes voldoen.
Die kompetisie open 29 November 2019 en sluit 15 Januarie 2020.
Om in te skryf, voltooi die beursaansoekvorm hier.
Lees die bepalings en voorwaardes van die kompetisie hier >
Die beurs is onderhewig aan die algemene beursvoorwaardes wat op Solidariteit Helpende Hand se webwerf gelees kan word. Die wenner sal in die eerste uitgawe van Solidariteit Tydskrif 2020 bekendgemaak word. Wenners sal ook telefonies in kennis gestel word.