Solidariteit maak VN-aanbevelings ’n werklikheid; groot planne volg

Donderdag, Februarie 16th, 2017

Solidariteit gaan weer stemme op internasionale platform laat hoor

Solidariteit het verlede jaar internasionale prominensie behaal tydens sy sitting op die Verenigde Nasies se komitee vir die uitwissing van alle vorme van rassediskriminasie (CERD – Committee on the Elimination of Racial Discrimination). Ons is slaggereed om die saak te hervat en later vanjaar weer ons stem op ’n internasionale platform te laat hoor.

Ons regering se beleid oor regstellende aksie is verlede jaar noukeurig uiteengesit nadat Solidariteit ʼn klag by CERD ingedien het. Daar is onder meer aangevoer dat die Suid-Afrikaanse regering die VN-konvensie wat alle vorme van rassediskriminasie verbied, minag. Ten spyte van die teenkanting en beskuldigings van die Suid-Afrikaanse regering, het Solidariteit steeds groot welslae behaal. Aan die einde van hierdie sitting het Solidariteit ʼn saamgestelde verslag met aanbevelings van CERD ontvang. Daarvolgens moes die Suid-Afrikaanse regering binne twee jaar skriftelik reageer op die implementering van dié aanbevelings.

In hierdie verslag word die Suid-Afrikaanse regering onder meer reguit versoek om die impak te verduidelik wat regstellende aksie op indiensname, opleiding  asook op politieke en openbare sake het. Die verslag beveel ook aan dat die regering statistieke meer omvattend moet benader en dat alle toepaslike statistieke in ag geneem moet word en nie net rasse-inligting nie.

Indien die Suid-Afrikaanse regering nie gehoor gee aan CERD se aanbevelings nie, is die komitee by magte om tydens die 2020-sitting aan te beveel dat die Suid-Afrikaanse regering gedwing word om rasgebaseerde regstellende aksie in Suid-Afrika te beëindig.

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, beskryf die VN-sitting as ʼn groot deurbraak. Die feit dat regstellende aksie in Suid-Afrika nou vir die eerste keer formeel op die VN se agenda geplaas is en dat die regering sy beleid formeel moet verduidelik, skep hoё dog positiewe verwagtinge.

Solidariteit het vroeg in 2017 weggespring en met groot planne en positiewe verwagtinge die bal aan die rol gesit. Op 15 Februarie 2017 word die VN-verslag oor rassediskriminasie saam met ʼn formele versoek om die aanbevelings daarin te implementeer, aan die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie voorgelê.

Hou dop: Nuwe veldtog teen selektiewe rassisme

In ons nuwe massaveldtog in Februarie 2017 protesteer ons teen selektiewe rassisme deur die dubbele standaarde oor ras in Suid-Afrika aan die groot klok te hang. Ons gaan ʼn massaklag by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie indien; jy kan jou naam byvoeg en sodoende ʼn bydrae tot hierdie veldtog lewer.

Ons fokusweek teen selektiewe rassisme in Mei gaan beslis vrugte afwerp wanneer die vakbond sy klag oor die toepassing van regstellende aksie by die Verenigde Nasies in Genève asook sy klag oor selektiewe rassisme by CERD indien. Solidariteit se klag sal dan uiteindelik deur die Internasionale Menseregtekommissie aangehoor word.

  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  

Ander Artikels

Nuuskommentaar: Vier vryheid vandag, maar beoefen allereers selfstandigheid
Eugene Brink   Vandag sal ANC-leiers en veral pres. Jacob Zuma praat oor die stemreg wat 23 jaar gelede aan almal gegee is om hul eie leiers te kies. Hulle sal praat oor hoe sogenaamde ekonomiese vryheid nog nie vir die meerderheid van die bevolking aangebreek het nie – ten spyte daarvan dat die ANC […]
Nuuskommentaar: Zuma soek vandeesweek oral fout behalwe by homself en die ANC
Eugene Brink   ʼn Beleërde pres. Jacob Zuma is vandeesweek weer op ʼn strydvaart teen al sy vyande, werklikes sowel as denkbeeldiges. Vroeër die week het hy in ʼn toespraak by die Universiteit van Zoeloeland gesê sou die ANC en sy alliansievennote die mag verloor, sal die land in die greep van armoede wees. Voorts […]
Nuuskommentaar: Waaksaamheid moet SA keer om Venezuela-gemors te word
Eugene Brink   Die situasie in Venezuela is een van die grootste mensgemaakte tragedies ter wêreld. ʼn Mens sou dink dat kommunisme en selfs sosialisme as die ligter variant van ekonomiese egalitarisme ná die val van die Sowjetunie totaal en al gediskrediteer sou wees. Dit bly helaas ʼn magtige en aantreklike middel vir heersers om […]
1 2 3 69