Die Solidariteit Beweging bou aan ʼn beter samelewing en ʼn beter toekoms vir ons nageslag en ons doen dit hoofsaaklik deur die Solidariteit Boufonds.
Solidariteit het die onsekerhede in ons land raakgesien en besluit om met jou hulp iets positiefs daaraan te doen. Die Solidariteit Beweging besef hoe noodsaaklik goeie opleiding in skaars vaardighede is en dit is juis hierdie knelpunt wat deur die Boufonds aangepak word. Met reeds bestaande Solidariteit-opleidingsinstansies, Sol-Tech en Akademia, word jongmense die geleentheid gebied om vir hulself die nodige kennis te bekom om as ʼn minderheidsgroep in ʼn meerderheidsamelewing te kan floreer.
Die Boufonds is deur Solidariteit tot stand gebring omdat die vakbond glo dat kennis die beste manier is om sy lede in die nuwe, onsekere ekonomie te beskerm. Die Boufonds het juis ten doel om na die behoefte van sy mense en die toekoms om te sien.
Ons fokus op ʼn veilige Afrikaanse opleidingstoekoms van hoë gehalte en het al reeds die volgende bereik deur die finansiële bydraes wat ons van ons ondersteuners ontvang.
Akademia
• Waar skoolverlaters en werkende mense deeltyds geakkrediteerde kwalifikasies van hoë gehalte kan verwerf.
• R50 miljoen is al deur die Solidariteit Boufonds en die Virseker Trust uitbetaal om Akademia te bou.
• Akademia bied reeds:
BCom Ondernemingsbestuur
BCom Bestuursrekeningkunde
BCom Ekonomie en Regte
Gevorderde Diploma in Projekbestuur
Hoër Sertifikaat in Kantooradministrasie (Algemeen of Projek administrasie)
Hoër Sertifikaat in Rekeningkunde
Vir meer inligting oor Akademia, besoek gerus die webtuiste: www.akademia.ac.za.
Sol-Tech
• Solidariteit het in 2006 die fakkel tot opleiding aangesteek en sy eie tegniese opleidingskollege op die been gebring. Sol-Tech bied reeds ʼn uitgebreide reeks kursusse in skaars vaardighede aan.
• Meer as 600 ambagsmanne is al deur Sol-Tech gekwalifiseer.
• Op enige gegewe tydstip word 1 000 jong ambagslui deur die instansie geakkommodeer.
• Sol-Tech is ʼn privaat tegniese opleidingsinstelling wat op Christelike waardes gefundeer is en Afrikaans as onderrigmedium gebruik.
Vir meer inligting oor Sol-Tech, besoek gerus die webwerf: www.sol-tech.co.za.
Aros
• Een van vier geakkrediteerde privaat instansies wat onderwys aanbied, waarvan Aros die enigste Afrikaanse privaat instansie is.
Sol-Tech is teen ʼn koste van meer as R50 miljoen opgerig. Die Boufonds het in 2016, R200 000 vir die oprigting van ʼn nuwe sentrum by Aros bygedra en net die beste toerusting en tegnologie word hier gebruik.
Met die bekendstelling van die Solidariteit Beweging se 2020-Toekomsplan by die Toekomsberaad in 2015, is daar aangekondig dat Solidariteit oor die volgende vyf jaar R3,5 miljard in verskeie projekte en instansies gaan belê.
Die geld gaan onder meer vir die uitbouing van die Solidariteit Beweging se reeds bestaande opleidingsinstellings, Sol-Tech en Akademia, aangewend word. Dié instellings, wat onderskeidelik ʼn tegniese opleidingskollege en ʼn Afrikaanse privaat universiteit is, fokus daarop om gehalte tersiêre opleiding aan studente te bied. Die Boufonds speel ʼn kardinale rol daarin om hierdie doelwitte te verwesenlik sodat Afrikaners steeds vry, veilig en voorspoedig in Suid-Afrika kan leef en werk.
Besoek gerus die Boufonds-webwerf: www.boufonds.co.za.
Help bou aan ʼn mooier môre, sluit aan by Solidariteit. Klik hier.