Solidariteit veg vir lede by Barbrook-myn

Vrydag, Januarie 6th, 2017

Die vakbond Solidariteit het vandag gesê dat hy bekommerd is oor die stand van sake by Vantage Goldfields se Barbrook-myn en dat hy steeds sal volhou om alles in sy vermoë te doen om sy lede by die myn te beskerm. Dit volg nadat die Barbrook-myn kort op die hakke van die sustermyn, Lily-myn, einde 2016 onder besigheidsredding geplaas is.

Volgens Connie Prinsloo, adjunkhoofsekretaris van die mynboubedryf by Solidariteit, gaan die vakbond volgende week op 11 Januarie die myn besoek om met bestuur en die aangewese besigheidsreddingpraktisyn te vergader rakende die toekoms van die myn en sy lede. “Werknemers by Barbrook-myn het nog net ’n gedeelte van hulle salaris vir November 2016 ontvang en het geen salaris vir Desember 2016 ontvang nie. Ons sal ons lede sover moontlik bystaan en in hul beste belange optree,” het Prinsloo gesê.

Volgens Prinsloo het die vakbond vroeër sy kommer uitgespreek oor die stand van sake by  Lily-myn wat ook onder besigheidsredding geplaas is, met werknemers wat in April 2016 aangemoedig is om vrywillige skeidingspakkette te neem, maar wat tot nou toe steeds wag op onbetaalde salarisse en pakketgelde. “Ons sal nie die uitbuiting van werknemers en ons lede duld nie en dus beskou ons hierdie komende vergadering met die besigheidsreddingpraktisyn in ’n baie ernstige lig,” het Prinsloo gesê. Solidariteit sal ook nie toelaat dat die Barbrook-werknemers, soos in Lily se geval, deur valse voorwendsels en beloftes mislei word nie.

  •  
  •  
  •  
  •  
  •  

Ander Artikels

Solidariteit & AfriForum môre in appèlhof oor Afrikaans by Kovsies
Op Vrydag, 17 Februarie 2017, sal die saak oor die taalbeleid van die Universiteit van die Vrystaat in die appèlhof in Bloemfontein aangehoor word.  In Julie 2016 het Solidariteit, AfriForum en AfriForum Jeug ’n saak teen die Universiteitsraad se besluit om vanaf 2017 slegs Engels as medium van onderrig in die meeste fakulteite te gebruik, […]
Solidariteit vra SAMRK om regstelaksie te hersien ná VN SA kap oor rasseklasifikasie
Die vakbond Solidariteit het vandag die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) gevra om wette oor swart ekonomiese bemagtiging en regstellende aksie formeel te ondersoek. Dit volg nadat die Verenigde Nasies se komitee vir die uitwissing van alle vorme van rassediskriminasie (CERD) in ’n verslag kritiek uitgespreek het op Suid-Afrika se stelsel van rasseklassifikasie. Volgens die verslag is […]
Die Solidariteit Beweging se opleidingsinstellings groei al sterker
Die Solidariteit  Beweging kondig met trots aan dat honderde voornemende studente Sol-Tech se opedag bygewoon het en dat 500 nuwe eerstejaars met hul studies by Akademia begin het. Dit volg nadat die twee instellings van die Beweging, Sol-Tech en Akademia, op 11 Februarie hul opedag en opening vir eerstejaars onderskeidelik gehou het. Die ondersteuning en […]
1 2 3 680