Solidariteit veg vir lede by Barbrook-myn

Vrydag, Januarie 6th, 2017

Die vakbond Solidariteit het vandag gesê dat hy bekommerd is oor die stand van sake by Vantage Goldfields se Barbrook-myn en dat hy steeds sal volhou om alles in sy vermoë te doen om sy lede by die myn te beskerm. Dit volg nadat die Barbrook-myn kort op die hakke van die sustermyn, Lily-myn, einde 2016 onder besigheidsredding geplaas is.

Volgens Connie Prinsloo, adjunkhoofsekretaris van die mynboubedryf by Solidariteit, gaan die vakbond volgende week op 11 Januarie die myn besoek om met bestuur en die aangewese besigheidsreddingpraktisyn te vergader rakende die toekoms van die myn en sy lede. “Werknemers by Barbrook-myn het nog net ’n gedeelte van hulle salaris vir November 2016 ontvang en het geen salaris vir Desember 2016 ontvang nie. Ons sal ons lede sover moontlik bystaan en in hul beste belange optree,” het Prinsloo gesê.

Volgens Prinsloo het die vakbond vroeër sy kommer uitgespreek oor die stand van sake by  Lily-myn wat ook onder besigheidsredding geplaas is, met werknemers wat in April 2016 aangemoedig is om vrywillige skeidingspakkette te neem, maar wat tot nou toe steeds wag op onbetaalde salarisse en pakketgelde. “Ons sal nie die uitbuiting van werknemers en ons lede duld nie en dus beskou ons hierdie komende vergadering met die besigheidsreddingpraktisyn in ’n baie ernstige lig,” het Prinsloo gesê. Solidariteit sal ook nie toelaat dat die Barbrook-werknemers, soos in Lily se geval, deur valse voorwendsels en beloftes mislei word nie.

  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  

Ander Artikels

Wetsontwerp met die doel om privaat eiendomsreg in Suid-Afrika verder te ondergrawe – Solidariteit
Die vakbond Solidariteit is ernstig besorg oor die voorgestelde Wetsontwerp op die Regulering van Landbougrond. Dié wetsontwerp is op 17 Maart 2017 deur die minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming vir kommentaar gepubliseer. Die wetsontwerp bevat onheilspellende en nadelige tekens in soverre dit die sekerheid van privaat besitreg in Suid-Afrika aangaan. “Indien dit bekragtig word […]
Solidariteit steun die verkoop van Eskom-gekoppelde termiese steenkoolaanlegte in Suid-Afrika
Die vakbond Solidariteit het vandag die aankondiging van Anglo American oor die verkoop van sy Eskom-gekoppelde plaaslike termiese steenkoolaanlegte verwelkom. Hierdie aanlegte sal aan ʼn volfiliaal van Seriti Resources Holdings verkoop word. Volgens Connie Prinsloo, Solidariteit se adjunkhoofsekretaris in die mynbedryf, is Solidariteit ten gunste van die transaksie. Die transaksie sluit in die Eskom-gekoppelde plaaslike […]
Solidariteit Beroepsgilde loods gesondheidsamaritaan-kompetisie
Solidariteit se splinternuwe Beroepsgilde vir Gesondheidspraktisyns is op soek na gesondheidspraktisyns in Suid-Afrika wat as meesters uitstyg in hul wetenskapbeoefening, maar ook hul gemeenskapsdiens. Dié gesondheidspraktisyn sal die titel van Grootste Gesondheidsamaritaan in Suid-Afrika ontvang, wat vanjaar vir die eerste keer deur die Gilde toegeken sal word. Lede vanuit die gesondheidsgemeenskap en die algemene publiek […]