• Teken
    asseblief in

  • Feedback
    VOLTOOI DIE VOLGENDE VORM OM BINNE 1 MINUUT BY SOLIDARITEIT AAN TE SLUIT

    JOIN SOLIDARITY IN ONE MINUTE BY COMPLETING THE FOLLOWING FORM

    Solidariteit VS die Staat by die Verenigde Nasies

    ’n Jaar nadat Solidariteit ’n klag oor rassekwotas teen die Suid-Afrikaanse regering by die Verenigde Nasies gelê het, moet die vakbond op 8 Augustus voor die VN se komitee vir die uitwissing van alle vorme van rassediskriminasie verskyn. In dieselfde week moet die Suid-Afrikaanse regering voor dieselfde komitee verskyn. Dit is die eerste keer sedert 1994 dat die Suid-Afrikaanse regering by die Verenigde Nasies van rassediskriminasie aangekla word.

    Volgens die Solidariteit-klag oortree die Suid-Afrikaanse regering die VN-konvensie wat alle vorme van rassediskriminasie verbied. Die klag fokus op die staat se gebruik van die nasionale rassedemografie as ’n kwotabeleid.

    Daar word ook gefokus op die regering se onwilligheid om hofuitsprake, wat reeds gewys het dat die staat te ver gaan met rassekwotas, te implementeer.

    Rassekwotas word ook op die sportveld in beroepe afgedwing en daarom gaan AfriForum saam met Solidariteit na die VN.

    Die klag neem die vorm van ʼn skaduverslag aan wat ’n reaksie is op die verslag wat die regering by die komitee ingedien het oor vorderingmet die uitwissing van rassediskriminasie.

    Die konvensie maak voorsiening daarvoor dat burgerlike organisasies, soos Solidariteit en AfriForum, ‘n regering kan verkla deur middel van ‘n skaduverslag wat voorgelê word in reaksie op die betrokke regering se eie verslag aan die komitee.

    Die kern van die klag is dat die Suid-Afrikaanse regering se absolute fokus op rasseverteenwoordiging teen die bepalings van die konvensie indruis. Die staat se rassebeleid gaan verder as wat regstellende aksie internasionaal toegelaat word en voldoen nie meer aan die internasionale vereiste van regstellende aksie nie.

    Reis saam met ons! SMS net die woord “reg” na 34802 en word so deel van die duisende wat rassekwotas verwerp.

    Wie gaan saam?

    Klik op elke foto vir meer inligting oor die afgevaardigdes.

    Image Map
    •  
    •  
    •  
    •  
    •  
  • philip-blokkie
  • regsfonds-blokkie
  • 1-minuut-blokkie
  • Top

    Registreer / Register

    Maak toe / Close