Solidariteit wen eerste ronde oor erkenning in die SAPD

Donderdag, Maart 16th, 2017

Die vakbond Solidariteit het vandag aangekondig dat hy volgens ʼn bevinding van die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) wel daarop geregtig is om vir erkenning as vakbond in die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) aansoek te doen. Dit volg na vyf partye standpunte geopper het om Solidariteit daarvan te weerhou om in die SAPD te kan organiseer.

Solidariteit se argument dat die onlangse wetswysigings juis minderheidsvakbonde moet bevoordeel wat deur hoë drempel-ooreenkomste daarvan weerhou word om onder hulle lede te organiseer, is deur KVBA-kommissaris James Matshekga aanvaar. Die argumente wat deur Police and Prisons Civil Rights Union (POPCRU) aangevoer is en deur die South African Policing Union (SAPU), die SAPD, die Safety and Security Sectoral Bargaining Council (SSSBC) asook die Public Service Co-ordinating Bargaining Council (PSCBC) ondersteun is, is deur Matshekga van die hand gewys.

Volgens Anton van der Bijl, hoof van Solidariteit se Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke, onderstreep dié bevinding dat ’n minderheidsvakbond wat nie die drempel vir erkenning haal nie, steeds vir organisatoriese regte aansoek kan doen indien dit kan bewys dat dit ʼn wesenlike belang dien. “Solidariteit beskerm verskeie kwessies wat van wesenlike belang vir ons lede is, terwyl meerderheidsvakbonde geen ag daarop slaan nie. Meerderheidsvakbonde in die SAPD litigeer byvoorbeeld aktief teen Solidariteit in sake oor die toepassing van regstellende aksie in die SAPD – sake waarin Solidariteit die regte beskerm van minderheidsgroepe wat telkens ernstig benadeel word deur onregmatige regstellendeaksiemaatreëls in die SAPD,” verduidelik Van der Bijl.

Van der Bijl voer aan dat Solidariteit nou uitsien na die arbitrasie oor die aansoek om erkenning. Die aansoek moet ingevolge die bevinding so gou moontlik geplaas word. “Ons is opgewonde om die deur vir minderheidsregte binne ʼn verstikkende en ongenaakbare meerderheidsomgewing oop te maak,” verduidelik Van der Bijl.

 

  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  • Jr Le Roux

    ek is ‘
    n lid van die SAPS en dra al geruime tyd by tot Solidariteit se fonds, was onder die indrukl dat hulle daadwerklik al as vakbond staan vir ons lede…. kan iemand my inlig asb…….

Ander Artikels

Solidariteit loods veldtog om die toekoms van die Suid-Afrikaanse staalbedryf te verseker
Die vakbond Solidariteit gaan op Donderdag 30 Maart 2017 sy “Steun Ons Staal”-veldtog (SOS) van stapel stuur. Die Suid-Afrikaanse staalbedryf beleef tans ekonomiese teëspoed vanweë ʼn drastiese afswaai in die groei van die plaaslike ekonomie, kostedruk in die vervaardigingsektor, asook uitermate hoë staalinvoere. Volgens Marius Croucamp, adjunkhoofsekretaris van Solidariteit se metaal- en ingenieursbedryf, het hierdie […]
Solidariteit se aansoek rakende Hlaudi dan aangehoor
Die vakbonde Solidariteit en die Broadcasting, Electronic, Media & Allied Workers Union (Bemawu) se aansoek dat Hlaudi Motsoeneng toegevoeg moet word as respondent in dié twee vakbonde se kostebevelsaak teen die SAUK sal op Dinsdag 28 Maart 2017 in die arbeidshof in Johannesburg aangehoor word. Dit volg nadat die arbeidshof in 2016 beslis het dat […]
Hoeveel Nico’s nog?
  Solidariteit veroordeel die doodsdreigemente wat Nico Viljoen, ʼn Solidariteit-lid van Orkney, ontvang weens ’n sosiale voorval wat in ’n Johannesburgse Spur-restaurant plaasgevind het en waarby hy nie betrokke was nie, ten sterkste. Hy het toevallig net dieselfde naam as een van die partye wat wel by die voorval betrokke was. Connie Mulder, hoof van […]
1 2 3 687