Steun ʼn Student-veldtog: 5 000 studente kort studiefondse

Vrydag, Januarie 13th, 2017

Solidariteit Helpende Hand se Studiefondssentrum is in 2017 oorval met ʼn rekordgetal aansoeke vir studiehulp, in so ʼn mate dat tot 5 000 voornemende studente nie met befondsing vir vanjaar se studies gehelp kon word nie.

Hierdie uitdaging het ontstaan ten spyte van die feit dat die studiefonds ’n rekordgetal van 1 500 studente in 2017 met studies gaan help.  Die totale bedrag van R40 miljoen is die grootste bedrag wat hierdie studiefonds tot nog toe uitbetaal het.  Duisende oproepe van voornemende studente stroom sedert 3 Januarie onophoudelik in. Die nood is groot en die behoefte nog groter.  Daar word rekord gehou van hierdie jongmense se name en ons wil poog om hulle op ’n individuele grondslag behulpsaam te wees.

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, sê alhoewel sommige voornemende studente hulself op tersiêre vlak kan bekwaam, het hulle nie toegang tot die nodige fondse nie. “Dit is nie altyd moontlik vir studente om lenings aan te gaan nie en die staat se befondsing is ook nie vir hulle beskore nie,” verduidelik Hermann.

Solidariteit wil hierdie 5 000 studente ook met studiefondse help en doen ʼn beroep op die publiek om ook betrokke te raak en ʼn verskil in hierdie jongmense se lewens te maak. Word vandag deel van die Boufonds en skenk maandeliks ʼn bedrag wat aan die Studiefonds wat aangewend sal word om ʼn student te ondersteun.

Die Solidariteit Helpende Hand Studiefondssentrum (voorheen bekend as die Afrikaanse Beursinstituut) is in 2003 gestig om die behoefte van Solidariteit-lede en hul kinders ten opsigte van finansiële hulp vir tersiêre opleiding te help bevredig. Solidariteit Helpende Hand bestee jaarliks miljoene rande om verdienstelike studente, wat andersins nie sou kon studeer nie, te help.

 

SMS “Studeer” na 34802 (SMS kos R2) en ‘n agent sal u skakel

OF

Kliek hier om ‘n bydrae te maak.

 

  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  

Ander Artikels

Protesteer vir Afrikaans
Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) het vandag gesê dat hy eersdaags, op Dinsdag 28 Maart 2017, die jaarlikse Afrikaans-Ekspo gaan bekendstel, en so ook met nuwe vorm en kleur! Die Internasionale Afrikaans-Ekspo is ’n opwindende skryfkompetisie wat veral fokus op leerders en studente se kreatiewe hantering van Afrikaans. Tesame met die feit dat dit […]
Nuuskommentaar: Universiteite sal soos Prasa, SAL opeindig as hulle genasionaliseer word
Eugene Brink   Die bykans irrelevante ANC Jeugliga soek nou goedkoop publisiteit en probeer verlore aansien by die EFF terugwen met sy nuwe idee dat universiteite genasionaliseer moet word. Dit is egter ondeurdag, vol blinde kolle en in wese onwerkbaar. Luidens ’n berig deur Netwerk24 het die Jeugliga tydens ’n sitting van die kommissie van […]
Politici en die media moet daarteen waak om aanhoudend rassisme te skreeu
Die laaste tyd begin die tendens al hoe meer kop uitsteek dat rassisme in antwoord op enige voorval geskreeu word. Dit maak my egter baie bekommerd dat daar vandag in Suid-Afrika ’n samelewing tot stand gekom het waar dié woord so gemaklik aan mense toegesnou kan word, soveel so dat ons al amper op ’n […]
1 2 3 63