BEL ONS: 012 644 4300

Gee jou steun!

Hiermee bevestig ek dat ’n aandeleskema of -program wat werknemers op grond van ras uitsluit niks anders as rassediskriminasie en rassisme is nie. Ek steun die Sasol-werknemers wat oor dié beginsel staak. Ek veg saam vir ’n werkomgewing waar ek én my kinders sonder benadeling die geleentheid kan kry om ’n positiewe bydrae tot werkplekke en Suid-Afrika se ekonomie kan maak.

Ek STEUN die Sasol-stakers. Ek sê wit werknemers is ook waardig! Ek sê stop rassediskriminasie!

SteunSasolStakers

Werkgewers is toenemend besig om verskeie werknemeraandeleskemas in werking te stel om tot ’n groter mate te voldoen aan die Wet op Breëbasis swart ekonomiese bemagtiging (BSEB). Sasol het besluit om met sý aandeleskema ’n groep werk- nemers op grond van hul ras uit te sluit. ’n Swart Sasol-werknemer, ongeag van sy jare diens ontvang R500 000 uit dié skema en ’n wit eweknie niks nie. Solidariteit glo dat Sasol se optrede nie moreel regverdigbaar is nie. Daar mag nooit van mense syfers gemaak word nie. As dít gebeur word die groep wat uitgesluit word, vervreem. Hulle voel hulle is minder werd as hul kollegas. Hulle voel magteloos en geïsoleerd. Sasol gaan daardie ekstra myl wat lojale en hardwerkende werknemers bereid is om af te lê, verloor.

Solidariteit het ’n staking uitgeroep om Sasol te dwing om wit werknemers ook by ’n aandeleskema in te sluit. Solidariteit dring aan op die waardige hantering van wit werknemers en die erkenning van hulle bydraes.

Sasol stel deur hulle aandeleskema ’n gevaarlike presedent wat elke wit werknemer raak. Solidariteit doen ’n beroep op elke wit werknemer in Suid-Afrika om Sasol se werknemers, wat binnekort begin staak, te ondersteun en saam NEE te sê vir rassediskriminasie.

Registreer / Register

Maak toe / Close