Solidariteit-aksieplan 1: Solidariteit sal voortgaan om as waghond oor die toepassing van rasseklassifikasie op te tree en sal ’n volgende opvolgverslag by die VN indien oor die Suid-Afrikaanse regering se vordering met voldoening aan internasionale konvensies en riglyne.
Solidariteit-aksieplan 2: Solidariteit sal voortgaan om internasionale klagte in te dien en litigasie plaaslik van stapel te stuur totdat die Suid-Afrikaanse regering gehoor gegee het aan die VN se aanbevelings.
Solidariteit-aksieplan 3: Solidariteit en AfriForum sal in gesprek tree met die Suid-Afrikaanse regering om betrokke te wees by die hersiening van hul planne soos deur die VN versoek.
Solidariteit-aksieplan 4: Solidariteit gaan ’n kongres oor regstellende aksie hou en verskeie vername rolspelers gaan as sprekers daar optree. Hierdie kongres sal ’n insetproses wees vir voorstelle wat ons gaan verwerk om aan die Suid-Afrikaanse regering te oorhandig.
Solidariteit-aksieplan 5: Solidariteit gaan sy eie verslag met insette opstel oor huidige beleid en wetgewing oor regstellende aksie en hoe dit aangepas behoort te word. Die verslag sal aan die Suid-Afrikaanse regering oorhandig word. Dit is egter nie waar Solidariteit se aksieplanne en verantwoordelikheid gaan stop nie.