Solidariteit sit voet neer oor selektiewe rassisme – Die tyd vir saamstaan het aangebreek.
Solidariteit benodig 200 000 mense se steun om ʼn klag nasionaal en internasionaal in te dien en jy is een van daardie 200 000.
Solidariteit het in Februarie ’n massaveldtog oor selektiewe rassisme en teen rasseboelies van stapel gestuur. ’n Massaklag teen die verskynsel, wat by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) aanhangig gemaak gaan word, maak deel uit van die veldtog. Die massaklag gaan ook die idee dat net wit mense rassisties is, die nek inslaan en die SAMRK gaan gevra word om hom daaroor uit te laat.
Die klag gaan toon dat, wat rassisme betref, verskillende standaarde vir verskillende groepe geld en dat politici en staatsamptenare die grootste aanstokers van selektiewe rassisme is. Dit is mense in gesagsposisies wat die massa beïnvloed. Dít wat ons op sosiale media sien, is die gevolg van die elite wat onverskillig met ras omgaan. Die politieke elite moet aan ’n strenger maatstaf gemeet word. Ons mag nie hierdie wanbalans aanvaar nie, want dit is nie hoe ʼn gesonde gemeenskap funksioneer nie.
Steun Solidariteit se massaklag nou en laat jou stem hoor!