Maandag 8 Mei om 10:30 by die Suid-Afrikaanse parlement: ʼn Petisie gaan by die parlement ingedien word waarin ʼn debat oor die dubbele standaarde wat geld by die hantering van rassisme en die moontlike gevolge daarvan, aangevra word.
Dinsdag 9 Mei 11:30 by die SAMRK in Johannesburg: ʼn Klag gaan by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie ingedien word. In dié klag word gefokus op die MRK se subjektiewe hantering van die aangeleentheid en ʼn ondersoek gaan aangevra word.
Woensdag 10 Mei 12:00 by die kantoor van die Internasionale Arbeidsorganisasie (ILO) in Genève: Klagte oor rassekwotas wat geld in die werkplek en in sport gaan dan daar ingedien word. ʼn Formele ondersoek en verhoor in dié verband word aangevra.
Donderdag 11 Mei 12:00 by die kantoor van die VN se Menseregtekommissie in Genève: ʼn Klag gaan by die Internasionale Menseregtekommissie ingedien word. Daarin word gevra dat ʼn afvaardiging van die internasionale liggaam Suid-Afrika besoek, terugvoer van die regering verkry en dat Solidariteit ʼn geleentheid kry om die kommissie toe te spreek.
Vrydag 12 Mei 12:00: Indiening van klag by die Verenigde Nasies se Komitee vir die Uitwissing van alle vorme van rassediskriminasie in Genève. Die klag gaan ingevolge die prosedure vir vroeë waarskuwings en dringende optrede ingedien word. Daarin word versoek dat meer inligting vanaf die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie aangevra word’ dat ʼn ondersoek in Suid-Afrika gedoen word en dat aanbevelings aan die Suid-Afrikaanse regering gemaak word.