BEL ONS: 012 644 4300

Oorsig

Ons sien onself as bouers wat al vir die afgelope 115 jaar saam met geesdriftige lede besig is om te bou aan ʼn toekoms. Ten spyte van al die onsekerheid in ons land sal ons nooit ophou bou aan opleidingsinstellings nie. Ons sal aanhou om studiegeleenthede vir die lede van die gemeenskap te skep. Ons gaan ʼn toekoms oop leer.

Die Solidariteit Helpende Hand Studiefondssentrum (voorheen bekend as die Afrikaanse Beursinstituut) is in 2003 gestig om die behoefte van Solidariteit-lede en hul kinders ten opsigte van finansiële hulp vir tersiêre opleiding te help bevredig.

Die toekoms in studiehulp lyk blink met planne om ʼn Afrikaanse skoolkurrikulum van wêreldgehalte te ontwikkel, asook om skole-ondersteuningsentrums nog verder uit te brei.

  •  
  •  
  •  
  •  
  •  

Besoek die Solidariteit KragDag Ekspo hierdie naweek en leer meer oor die Boufonds by die Solidariteit-tent.

  Met die bekendstelling van die Solidariteit Beweging se 2020-Toekomsplan by die Toekomsberaad in 2015, is daar aangekondig dat Solidariteit oor die volgende vyf jaar R3,5 miljard in verskeie projekte en instansies gaan belê. Die geld gaan onder meer vir die uitbouing van die Solidariteit Beweging se reeds bestaande opleidingsinstellings, Sol-Tech en Akademia, aangewend word. Dié instellings, wat onderskeidelik 'n tegniese opleidingskollege en 'n Afrikaanse privaat universiteit is, fokus daarop om gehalte tersiêre opleiding aan studente te bied. Die Boufonds speel 'n kardinale rol daarin om hierdie doelwitte te verwesenlik sodat Afrikaners steeds vry, veilig en voorspoedig in Suid-Afrika kan leef en werk. Die Solidariteit Beweging besef die noodsaaklikheid vir goeie opleiding in skaars vaardighede, en die Boufonds fokus juis daarop om iets daadwerklik daaromtrent te doen. Solidariteit se bestaande opleidingsinstellings, Sol-Tech en Akademia, bied aan jongmense die geleentheid om die nodige kennis te bekom wat hulle in staat sal stel om as minderheidsgroep in 'n meerderheidsamelewing te kan floreer. Solidariteit het met die oog op opleiding sy vyfjaar-opleidingsplan ten bedrae van R400 miljoen aangekondig. Die aankondiging sluit planne vir onderwys van laerskool- tot universiteitvlak in. Deel van die beplanning behels die bou van 'n nuwe opleidingskampus wat die tuiste van verskeie opleidingsinstellings sal wees. Solidariteit het ook aangekondig dat hy sy studiehulp aan sy lede en hul kinders oor die volgende drie jaar tot R60 miljoen gaan uitbrei. Die Boufonds word deur maandelikse bydraes van Solidariteit-lede en ondersteuningslede van die publiek onderhou. Ondersteuningslede is lede wat die visie van die vakbond ondersteun en 'n vrywillige maandelikse bydrae tot die Boufonds maak. Lede wat 'n bydrae tot die Boufonds maak, stel Solidariteit in staat om te veg vir die behoud van Afrikaanse opleiding by bestaande opleidingsinstellings. Ondersteuningslede geniet sekere voordele, maar dit sluit arbeidsregsadvies, kollektiewe bedinging, permanente ongeskiktheid, bevallings- en sterftevoordele van die Solidariteit-lidmaatskap uit. Voordele vir ondersteuningslede sluit die volgende in:
  • 20%-afslag by Kokoriba, Aan de Vliet en Santana.
  • 20%-afslag vir studies by Akademia.
  • Ses gratis aanlyn-tydskrifte per jaar.
  • Gratis testament.
  • Gratis advies oor mediesefonds-opsies.
  • Gratis advies en produkte teen afslagpryse by Solidariteit Finansiële Dienste.
Sluit aan by Solidariteit en dra by tot die Boufonds. SMS die woord BOUSAAM na 34802.   KRAGDAG "Doen Jou Eie Ding!" Met hierdie leuse fokus KragDag op 'n vryword-lewe deur selfstandigheids- en volhoubare oplossings wat wegdoen met afhanklikheid van staatsondersteunde netwerke. Hierin speel hernubare energie en verwante aangeleenthede 'n sentrale rol, maar daar word ook voorsiening gemaak vir ander aspekte wat 'n lewe van selfbehoud en selfbeskikking moontlik maak. Hier vind jy oplossings vir die uitdagings van energie, water, veiligheid, gesondheid, voedsel, opvoedkunde en kreatiewe entrepreneuriese lewensonderhoud. KragDag doen dit deur die jaarlikse buitelug ekspo, ons kubermarkplein, radiorubrieke, die bekendstelling van produkte en toepaslike ondernemers, asook die beskikbaarstelling van inligting met opvoedkundige-, tegniese- en interessantheidswaarde. KragDag verskaf ook 'n platvorm waardeur verskaffers, verbruikers en innoverende idees by mekaar uitgebring word. Kom kuier by die grootste Afrikaanse selfstandigheid-ekspo in die wêreld. Registreer vooraf by http://kragdag.com/besoeker-registrasie/ vir KragDag 2017 en spaar R70. Kyk gerus na die dinge om te doen by KragDag, sowel as die akkommodasie naby KragDag se uitstallingsarea, en die uitstallers lys. Bring vriende en familie na 'n ekspo met 'n karnaval-atmosfeer en les jou dors na volhoubaarheid.   Kyk na 'n opsomming van 'n vorige jaar se KragDag Ekspo, klik hier:    
Die Studiefondssentrum, 'n inisiatief van Solidariteit Helpende Hand bied al sedert 2003 rentevrye studielenings aan jong Suid-Afrikaners. Om jouself in vandag se lewe met 'n opleiding te bekwaam is werklik 'n uitdaging. Studielenings by banke dra onbekostigbare hoë rentes en beurse is eenvoudig onbekombaar. Vir weeskinders sonder enige ondersteuningsnetwerke en vele ander behoeftige jong mense is die Studiefondssentrum die enigste hoop tot verdere opleiding vir vele jong mense. Danie Brink uitvoerende hoof van Solidariteit Helpende Hand, sê dat die Studiefonssentrum aan behoeftige studente wat 'n finansiële tekort het, die nodige hulp bied om seker te maak dat studente kan gaan studeer wat hulle graag wil studeer sonder dat finansies in die pad van hulle drome staan. Solidariteit Helpende Hand se studiefonds administreer tans 240 onafhanklike studiefondse ter waarde van R40 miljoen waarmee daar vanjaar 'n rekordgetal van meer as 1 500 studente met rentevrye studielenings gehelp is. Volgens Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, het Helpende Hand die afgelope vyf jaar reeds meer as 5 000 studente met hul studies bygestaan. “Die Studiefondssentrum is baie trots op die rentevrye lenings se terugbetalingskoers van 98% en glo dit sê baie van die gehalte student wat deur dié Sentrum bygestaan word. Studente wat aansoek doen vir hulp word streng volgens meriete en behoefte gekeur, en die slaagsyfer onder leninghouers word op sowat 90% beraam – baie hoër as die nasionale gemiddeld,” het Buys gesê. U kan 'n reuse verskil maak in die lewe van jong mense deur hulle te bemagtig deur slegs 'n skenking te gee of selfs 'n studiefonds te stig. Daar is vele moontlikhede in Suid-Afrika – 'n toekoms vir almal – maar opleiding bly 'n sleutel tot sukses. Sedert die stigting van die Studiefondssentrum het dit byna 100% van jaar tot jaar gegroei. Die Studiefondssentrum hoop om teen 2020, R100 miljoen te bewillig om Afrikaanse-studente se toegang tot hoër onderwys te bevorder. 'n Klop aan die regte deur – die Studiefondssentrum se deur, kan dalk net iemand se armoede breek of voorkom. Só bou Solidariteit voort aan ons monument vir Afrikaans se toekoms. Sluit by Solidariteit aan en SMS die woord BOUSAAM na 34802 (R1/sms) of laat weet ons waar jy sal wil bou by https://solidariteit.co.za/bousaam/#meningspeiling

MENINGSPEILING

Kies die temas uit Solidariteit se bouplan wat jou die naaste aan die hart lê en teken op om saam te bou.

Gee jou Mening

FACEBOOK

Hou die #BouSaam veldtog dop op Facebook.

Vat my na Facebook

Waaraan Bou Ons?

Afrikaans

Oorsig Ons het histories ‘n noue verbintenis met die Afrikaner-gemeenskap en het steeds so ‘n verbintenis. Afrikaans is een van Suid-Afrika se belangrike landstale – dit is die taal wat miljoene Suid-Afrikaners na aan die hart lê. Die realiteit is egter dat Afrikaans as hoëfunksietaal weens verskeie redes bedreig word,  ... Lees meer

Lees meer

Vrye ekonomie en politieke posisionering

Oorsig Ons staan ‘n ekonomiese orde van vrye mededinging voor. Die Suid-Afrikaanse ekonomiese beleid behoort gebaseer te word op ‘n vryemark-ekonomie waar daar balans tussen die verskillende rolspelers in die ekonomie bestaan. Ons streef na ʼn Suid-Afrika waarin die rol van instellings voorop staan en vertroue tussen mense hoog is.  ... Lees meer

Lees meer

Media

Oorsig Tans word daar bitter min of geen ruimte geskep vir Afrikaanse media nie. Selfs binne die kommersiële Afrikaanse media is daar sekere media-instansies wat onsimpatiek staan teenoor Afrikaans se benarde situasie, of wat nie te vinde is daarvoor om hul monopolie op die Afrikaanse media prys te gee ten  ... Lees meer

Lees meer

Oppergesag van die reg

Oorsig Die doel van Solidariteit is om ʼn Suid-Afrika tot stand te bring waarin almal vry, gelyk voor die reg, waardig en billik behandel sal word. Sedert 1902 veg Solidariteit aktief vir sy lede in howe sodat geregtigheid in die werkplek kan geskied, asook om ʼn stokkie te steek voor  ... Lees meer

Lees meer

Groeiende selfstandigheid

Oorsig Ons wil nie net daarop fokus om ekonomiese oplossings aan ons lede te bied nie. Ons poog om vir ons lede en hul gemeenskappe demokratiese ruimtes te skep waarin hulle onafhanklik kan leef. Die antwoord op staatsverval is die politiek van self. Daarom is dit noodsaaklik dat ons intree  ... Lees meer

Lees meer

Studiehulp

Oorsig Ons sien onself as bouers wat al vir die afgelope 115 jaar saam met geesdriftige lede besig is om te bou aan ʼn toekoms. Ten spyte van al die onsekerheid in ons land sal ons nooit ophou bou aan opleidingsinstellings nie. Ons sal aanhou om studiegeleenthede vir die lede  ... Lees meer

Lees meer

Opleiding

Oorsig Suksesvolle kultuurgemeenskappe benodig gesonde, stabiele en florerende onderwys en beroepsopleiding. Reeds vanaf die middel 1800’s het Afrikaners op verskeie plekke beroepskolleges en universiteite begin oprig. Met verloop van tyd het dié beroepskolleges en universiteite egter hul gemeenskapskarakter verloor en al meer ʼn staatskarakter ontwikkel. Tans word dié inrigtings deur  ... Lees meer

Lees meer

Goeie Werk

Oorsig Volgens die Amerikaanse meningsopname-maatskappy Gallup, is die grootste behoefte van mense dwarsoor die wêreld ʼn goeie werk. Behalwe die ekonomiese stabiliteit wat werk gee, bepaal jou werk in ʼn groot mate wie jy is en waar jy inpas. Hier by Solidariteit glo ons in meer as net ʼn goeie  ... Lees meer

Lees meer

Groter Solidariteit Beweging

Oorsig Die ontstaan van die Solidariteit Beweging kan sover teruggeneem word as Junie 1902 toe die Transvaal Miners Association gestig is. Die Beweging se oorsprong kan nie net toegeskryf word aan individuele dade nie, maar het ook deur die funksie van instellings tot stand gekom. Die Solidariteit Beweging bestaan uit  ... Lees meer

Lees meer

Registreer / Register

Maak toe / Close