Van tyd tot tyd moet ons almal keuses maak. Telkom het nuwe drempelvereistes vir vakbonderkenning daargestel en SACU het besluit om 'n alliansie met die CWU te kies. In die komende onderhandelinge gaan net Solidariteit en die CWU-alliansie aan die onderhandelinge deelneem.

SACU het reeds die CWU gekies. Die vraag is nou: Wie kies jy? Dit is SACU se vrye keuse om deur die CWU ingesluk te word, maar hulle mag dit nie eensydig namens hulle lede doen nie. Die enigste keuse wat dus in Telkom oorbly, is Solidariteit of die CWU, en elke lid van SACU en elke Telkom-werknemer moet self besluit: Solidariteit of die CWU?

Vra jouself die vraag: Waar hoort ek? Waar gaan ek tuis voel?

Benewens Solidariteit se verteenwoordiging in Telkom, bou ons 'n nuwe tegniese kollege en universiteit, veg ons teen onbillike diskriminasie van hier tot in die Verenigde Nasies, pak ons korrupsie, gee ons studiehulp van sowat R40 miljoen per jaar, reik ons uit na arm gemeenskappe, is ons regsafdeling se personeel van 43 op enige gegewe stadium met 1 200 regsake besig, en vele, vele meer.

Deur by Solidariteit aan te sluit, help jy dus om 'n toekoms te skep waarin ons en ons kinders vry, veilig en voorspoedig kan wees. Ons wil graag hê jy moet deel daarvan wees.

Solidariteit of CWU?
Telkom-werknemers wat nie 'n lid van Solidariteit of CWU is nie, moet kies

Ek kies Solidaritiet
Telkom - Solidariteit
Ek kies CWU
Telkom - CWU