Toestand by skole kommerwekkend

Woensdag, Januarie 11th, 2017

Daar is 40 000 leerlinge in Gauteng wat skool moet begin en nie plek het nie. Hierdie toedrag van sake kan moontlik te wyte wees aan die nuwe metode vir die registrasie van studente, wat slegs aanlyn gedoen kan word. Ongelukkig het talle nie toegang tot die internet nie, derhalwe wil die departement van onderwys nou oorvol skole dwing om nog leerders te akkommodeer.

Dít is die mening van Panyaza Lesufi, Gautengse LUR van Onderwys, wat vanoggend op Twitter en oor ‘n radiogesprek met 702 Radio se aanbieder, Xolani Gwala, die volgende opmerkings gemaak het: “We won’t blame parents who are coming to Gauteng looking for education. We will be the first ones to allocate where we believe we need to allocate.” Hy het ook gesê: “It’s sad that when we push schools to put more learners, some of them have taken me to court.”

David Makhura, die Gautengse premier, het Woensdag aangevoer dat hoe meer hulle in onderwys en die resultate verbeter, hoe meer probleme ondervind hulle.  “Ons het migrerende leerders en hierdie is ‘n krisis van sukses,” Het Makhura gesê

Ondermynende kommentaar soos dié is kommerwekkend vir ouers van leerlinge wat wel plek in skole gekry het, omdat meer leerlinge in oorvol klasse minder individuele aandag beteken, wat negatiewe gevolge vir ’n kind se opvoeding kan inhou. Twee Afrikaanse skole, Hoërskool Montana en Hoërskool Overkruin, het ook reeds interdikte teen die departement van onderwys gekry om te verhoed dat die skole gedwing word om nog leerlinge te aanvaar.  Die hof het teen Woensdagmiddag die saak uit die hof gegooi wat die departement toelaat om voort te gaan met die plasing van Engelse leerlinge in oorvol Afrikaanse skole.

Xolani Gwala het nog ʼn aktuele kwessie ter sprake gebring toe hy aan mnr. Lesufi gesê dat sy departement die skuld vir hierdie probleem moet dra. Hy beweer die Gautengse departement van onderwys het nie die belofte nagekom wat hulle aan die konstitusionele hof gemaak het om nuwe skole te bou nie, omdat die departement R1,3 miljard rand onderspandeer het.

Mnr. Lesufi se antwoord was dat daar elke maand nuwe skole geopen word, maar dat dit tyd neem om skole te bou en daar dus intussen plek gemaak moet word vir al die vergete leerlinge. Hy wou ook nie toelaat dat verlate staatsgeboue in tydelike skole omgeskakel word nie, omdat dit na sy mening onregverdig teenoor leerlinge is wat in ’n kinderveilige omgewing behoort te leer.

Carien Bloem, projekkoördineerder vir onderwys by AfriForum, het die volgende mening: “Talle ouers het byvoorbeeld in Gauteng probleme met die aanlynregistrasieplatvorm ervaar, wat ook daartoe bygedra het dat baie leerlinge nie by skole kon registreer nie. Leerlinge wat nog nie in skole geplaas is nie, sal tot ’n maand moet wag om terugvoer van die departement te kry oor of hulle moontlik iewers ’n plek in ’n skool gaan kry.”

Verder is sy van mening dat die departement van basiese onderwys politieke speletjies speel met skole se taalbeleide, name en embleme wat verander moet word en groot koste-implikasies inhou, terwyl daar ʼn dringende behoefte aan nog skole is – veral skole wat vir leerlinge onderrig in hul moedertaal kan gee.

Die Solidariteit Beweging het ook die probleme voorspel, en op hul Toekomsberaad vir Afrikaanse Onderwys ’n plan beraam om Afrikaanse skole te beskerm. Selfstandige fondsbestuur was ’n belangrike punt om sodoende openbare en semi-openbare enkelmediumskole te help om sonder die departement van onderwys hul skole te befonds. Daar is ook planne beraam om ’n private Afrikaanse skool te bou, waar leerlinge sonder probleme in hul moedertaal onderrig kan ontvang. Vir verdere inligting, skakel gerus deur na die volgende webbladsy: https://solidariteit.co.za/onderwysberaad/

  •  
  •  
  •  
  •  
  •  

Ander Artikels

Lê ’n grondslag om die sakewêreld te betree – studeer by Akademia
Akademia, die unieke Afrikaanse tersiêre onderwysinstelling se getalle is besig om jaar na jaar te verdubbel en het vanjaar weer ’n rekordgetal aansoeke ontvang. Hierdie snelle groei is alles te danke aan Akademia se uitstekende onderrigmodel wat deur die nuutste tegnologiese ontwikkelings ondersteun word. Akademia bied ook vanjaar vir die eerste keer ’n splinternuwe BCom-graad […]
AfriForum sluit ooreenkoms met polisie
AfriForum en die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het Maandag ʼn samewerkingsooreenkoms onderteken met die doel om misdaad te bekamp en gemeenskappe meer betrokke te kry by die voorkoming van misdaad. Die waarnemende nasionale polisiekommissaris, lt.genl. Khomotso Phahlane, het die memorandum namens die SAPD onderteken en Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, het dit namens AfriForum […]
Akademia: Registrasie vir 2017 steeds oop te midde van rekordgetal aansoeke
Te midde van ‘n rekordgetal aansoeke, sal studente wat in 2017 nog by Akademia wil studeer vinnig moet spring. Meer as ‘n duisend aansoeke is reeds ontvang; en registrasie vir nuwe studente sluit op 27 Januarie. Terwyl die meeste universiteite landswyd se registrasietydperk nou verby is, bied Akademia nog tot 27 Januarie aan nuwe studente […]
1 2 3 45