Uitspraak in saak oor UP-taalbeleid ’n groot terugslag

Donderdag, Desember 15th, 2016

’n Terugslag vir Suid-Afrikaanse taalregte – dít is hoe die applikante AfriForum, AfriForum Jeug en Solidariteit die uitspraak van die Noord-Gautengse hoë hof in hul taalhofsaak teen die Universiteit van Pretoria (UP) beskryf. Die UP gaan in 2017 Afrikaans as medium van onderrig begin uitfaseer. Die saak is op 1 Desember 2016 aangehoor en dié drie organisasies se aansoek is vandag met koste van die hand gewys.

AfriForum, AfriForum Jeug en Solidariteit se regspan sal die uitspraak in detail bestudeer ten einde ’n besluit te neem om te appelleer al dan nie. Hulle is steeds van mening dat die universiteit se nuwe taalbeleid op ’n growwe skending van Afrikaanse studente se grondwetlik erkende taalregte neerkom.

Die drie organisasies sal enige stappe moontlik neem ter beskerming en handhawing van Afrikaanse studente se reg om in hulle moedertaal te studeer. Hulle het vanjaar reeds ’n soortgelyke saak teen die bestuur van die Universiteit van die Vrystaat gewen.

Die saak gaan ook nie net om die beregtiging van Afrikaanse studente nie, maar om die beskerming van die beginsels van moedertaalonderrig en meertaligheid, teenoor eentalige Engelse onderrig wat toenemend deur instellings afgedwing word. Dít ten koste van die sowat 90% van die land se inwoners wat ander moedertale het.

  •  
  •  
  •  
  •  
  •  

Ander Artikels

Solidariteit begin reuseveldtog teen dubbelstandaarde wat geld by rassisme
  Die vakbond Solidariteit het vandag ’n reuseveldtog, wat oor ’n tydperk van drie maande strek, van stapel gestuur om uiteindelik ’n massaklag oor die selektiewe hantering van rassisme aan verskeie forums, wat onder meer die Internasionale Menseregtekommissie insluit, te oorhandig. Solidariteit beplan ook om oor die volgende drie maande ’n verslag oor dubbelstandaarde wat […]
Nog ’n Esidimeni 94-tragedie op hande as departement nie nou ingryp nie – Solidariteit
Die vakbond Solidariteit het vandag die departement van gesondheid gekap en gewaarsku dat gevalle soortgelyk aan die Life Esidimeni 94-tragedie wag as die departement nie nou dadelik ingryp by ’n TB-hospitaal in Vryheid, KwaZulu-Natal nie. Dit volg nadat die Siloah Lutherse TB-hospitaal in Vryheid onlangs ’n afleggingskennisgewing aan personeel gestuur het omdat hy nou onder […]
Solidariteit bevorder Afrikaans as moedertaal vir onderrig
Solidariteit herdenk vandag moedertaalonderrig saam met die res van die wêreld op Unesco (die Verenigde Nasies se Opvoedkundige, Wetenskaplike en Kulturele Organisasie) se internasionale moedertaaldag. Die tema van vanjaar se moedertaaldag is: “Op pad na ’n volhoubare toekoms deur veeltalige onderwys.” Terwyl Afrikaans oral in Suid-Afrika op kampusse en by skole in die gedrang is, […]
1 2 3 681