BEL ONS: 012 644 4300
vakansievoordeel
Kom ontspan teen 20%-afslag in die hart van die skilderagtige Panorama-roete in Mpumalanga. Aan De Vliet vakansie-oord is 8 km vanaf Hazyview geleë en slegs 20 km vanaf die Kruger Nasionale Park. Sluit jou dag af met ’n lekker braai of ’n skemerkelkie op die oewer van die Sabie Rivier. Daar is kuierareas, ’n leeshoekie, piekniekplekke langs die Sabie Rivier en ’n swembad onder koeltebome. Hierdie voordeel geld nie oor Paasnaweke en van 1 Desember – 10 Januarie nie. Meer oor Aan de Vliet
Kom ontspan in die Bosveld teen 20%-afslag. Alle volopbetaalde lede van die Solidariteit Beweging kwalifiseer vir dié 20%-afslag by Kokoriba. Kokoriba Wildreservaat en Gesinsvakansie-oord bied u 'n unieke Bosveld-avontuur wat reeds by duisende Suid-Afrikaners bekend en geliefd is. Kokoriba is die antwoord. Of u nou wil kampeer, voetslaan of sommer net vir 'n naweek in een van ons bekoorlike lugversorgde selfsorg-eenhede wil kom ontspan, dan is dit die plek vir u. Hierdie voordeel geld nie oor Paasnaweke en van 1 Desember – 10 Januarie nie.Meer oor Kokoriba
Kom ontspan op die strand teen 20%-afslag! Santana is in die middel van Margate, op die strand, geleë. Daar is verskeie eenhede om van te kies met fantastiese leef- en eetareas, asook 'n volledig toegeruste kombuis. Luister saans na die branders terwyl u rustig slaap. Die tuin is pragtig om in te stap en strek tot op die strand. 'n Kort stappie op die strand bring u tot op die hoofstrand van Margate. Hierdie voordeel geld nie oor Paasnaweke en van 1 Desember – 10 Januarie nie. Meer oor Santana.
Bepalings en voorwaardes vir lede-afslag by vakansieoord
  • 14
  •  
  •  
  •  
  •  

Registreer / Register

Maak toe / Close