VAKBONDVOORDELE

MS Office opleiding
|
|
Die SOS bied gratis MS Office-opleiding van hoogstaande gehalte in Afrikaans aan alle onderwysers. Die kursus duur ongeveer drie ure en word op ‘n weekmiddag aangebied. Die doel van die kursus is om onderwysers ten volle vertroud te maak met die MS Office-pakket sodat die gehalte van hul werk kan verbeter en hulle tyd kan bespaar.
Besoek gerus www.helpendehand.co.za. |
|
Gr-9 Vakkeuse toetse
|
|
‘n Bekostigbare vakkeusepakket van hoogstaande gehalte is vir skole se gr. 9-leerlinge beskikbaar. Die evaluering fokus op leerlinge se aanleg, belangstellings en persoonlikheid. Die pakket sal ouers en leerlinge help om ingeligte besluite te neem oor beroepe en watter vakke op skool geneem moet word. Tersiêre opleiding is peperduur – professionele loopbaanvoorligting maak daarom soveel sin.
Besoek gerus www.helpendehand.co.za. |
|
Bemagtig-‘n-kind
|
|
Solidariteit Helpende Hand finansier behoeftige kinders se akademiese vordering deur middel van die J.D. Kestell Beursfonds en fondse van die
onderskeie Helpende Hand-takke. Hierdie finansiering neem verskeie vorme aan en word deur die takke landwyd gekanaliseer. Die takke weet wat die behoefte binne gemeenskappe is en doen namens behoeftige jongmense by Helpende Hand Hoofkantoor aansoek om finansiering vir studies. Besoek gerus www.helpendehand.co.za. |
|
Skooltassieprojek
|
|
Solidariteit Helpende Hand se Skooltassieprojek verseker dat behoeftige graadeens dieselfde skryfbehoeftes as hulle klasmaats het. Daar word ook toegesien dat die tassies akademiese inhoud bevat sodat behoeftige kinders akademies kan vorder. Meer as 5 000 skooltassies word jaarliks landwyd aan graadeens uitgedeel – tot op hede is meer as 25 000 tassies uitgedeel.
Besoek gerus www.tassie.co.za. |
|
Kosblikkieprojek
|
|
Helpende Hand se Kosblikkieprojek voed jaarliks duisende behoeftige kleuters oor die land heen. Benewens die voedingskomponent sluit die projek ook ‘n opleidingskomponent in. Die opleidingskomponent is in ooreenstemming met Helpende Hand se pogings om armoede onder jongmense te voorkom deur toe te sien dat kinders goeie skoolopleiding ontvang.
Besoek gerus www.helpendehand.co.za. |
|
Wiskundekursusse
|
|
Die Vereniging vir Afrikaanse Wiskunde-onderwysers (VAW) is die enigste Afrikaanse beroepsvereniging vir wiskunde-onderwysers. Kortkursusse, eendagkursusse en twee driedagkongresse is deel van die dienste wat die VAW bied. Ander produkte wat die VAW bied, is ‘n slimfoon-app met Afrikaanse video’s oor wiskunde, gratis werkkaarte en eksamenvraestelle vir lede, ‘n aanlyn markplein waar vraestelle gekoop en verkoop kan word, en vele meer.
Besoek gerus www.skoolwiskunde.co.za. |
|
Ouerskapskakeling
|
|
‘n Lesing van 90 minute oor positiewe ouerskakeling word aangebied. Dit is daarop gemik om skole se personeel, besture en beheerliggame te help om skakeling met ouers te verbeter en konflik te verminder. Die fokus word van negatiewe kommunikasie na positiewe, proaktiewe kommunikasie verskuif.
Besoek gerus www.helpendehand.co.za. |
|
Lees-app
|
|
Drie Afrikaanse lees-apps en ‘n alfabetboekie is in 2015 bekendgestel. Hierdie apps is ontwikkel om graadeens te leer lees en is gratis op die App Store en Google Play beskikbaar. Helpende Hand glo dat geen kind as gevolg van ‘n ekonomiese agterstand van onderwyshulpmiddels uitgesluit moet word nie. Die alfabetboekie, ‘n Dag by die Dieretuin, fokus op die leer van die alfabet, letters en klanke en kos R40 (posgeld uitgesluit). Die app, Alfabetpret, word saam met die boekie gebruik om met versterkterealiteitstegnologie aan die karakters lewe te gee.
Die ander twee apps, Dieretuinpret en Skryfpret, maak leer lees en skryf pret met animasie en klank. Besoek gerus www.leesapp.co.za. |
|
Wiskunde-app
|
|
Die eerste Afrikaanse wiskunde-app, genaamd Wiskunde-hupstoot, is by die App Store beskikbaar. Gr. 11- en 12-leerlinge ontvang saam met die app gratis Afrikaanse video’s wat wiskunde verduidelik.
Leerlinge kan, teen ‘n breukdeel van die koste van ‘n ekstra les, video’s aankoop oor die afdelings waarmee hulle sukkel. Besoek gerus www.helpendehand.co.za. |
|
Wiskundeklubs
|
|
Die VAW se wiskundeklubs is ‘n buitemuurse aktiwiteit vir leerlinge wat in wiskunde belangstel, ‘n aanleg daarvoor toon en nuuskierig is oor interessante wiskunde buite die skoolkurrikulum.
Die wiskundeklubs word by skole aangebied. Besoek gerus www.helpendehand.co.za. |
|
Loopbaan-app
|
|
Hierdie app, wat vroeg in 2016 vrygestel sal word, sal inligting oor beroepe bied. Inligting oor universiteite, vakkeuses en toelatingspunttellings (TPT) sowel as relevante inligting vir loopbaanbeplanning sal ook
op die app beskikbaar wees. Besoek gerus www.helpendehand.co.za. |
|
Skolenuusbrief
|
|
Die SOS se skolenuusbrief bevat bruikbare en interessante brokkies nuus vir onderwysers, ander opvoedkundiges, en ouers.
Teken in op die nuusbrief by www.loopbaan.co.za. |
|
App-skryfkompetisie
|
|
Die fokus van die Afrikaanse app-skryfkompetisie is om mense in staat te stel om deur middel van entrepreneuriese en tegnologiese vaardighede hul eie geld te verdien. Oud en jonk kan inskryf vir die kompetisie. Helpende Hand sal deelnemers leer hoe om ‘n app te skryf wat hulle self aan familielede en die breër gemeenskap kan verkoop.
Groot pryse en verdere app-ontwikkelingsgeleenthede is op die spel. Besoek gerus www.helpendehand.co.za. |
|
Wiskunde Winterskool
|
|
In 2015 word die eerste wiskunde-winterskool by Akademia se agt landwye sentrums aangebied. Wiskunde-onderwysers gaan wiskundelesse gelyktydig aan tot 300 leerlinge landwyd vanaf die
uitsaaisentrum in Centurion aanbied. Besoek gerus www.helpendehand.co.za. |
|
Ekstra Wiskundelesse
|
|
Die VAW beplan om in 2015 Suid-Afrika se grootste wiskundeles aan te bied wanneer ‘n ekstra wiskundeles gelyktydig aan meer as 300 gr. 8-leerlinge aangebied sal word. Dit sal die eerste van gereelde ekstra lesse wees wat
deur van die land se beste wiskunde-onderwysers aangebied word. Besoek gerus www.helpendehand.co.za. |
|
Wiskunde-e-boek
|
|
Die VAW beplan ‘n unieke wiskunde-e-boek wat benewens wiskunde-inhoud van hoogstaande gehalte ook video’s en manipuleerbare sketse sal bevat. Hierdie produk sal die
leerervaring vir elke gebruiker optimaliseer. Besoek gerus www.helpendehand.co.za. |
|
Studiemetodekursus
|
|
‘n Kursus oor studiemetodes gaan by Afrikaanse skole aangebied word.
Die kursus gaan in 2015 in ‘n app omskep word. Besoek gerus www.helpendehand.co.za. |
|
Die markplein
|
|
‘Die Markplein is ‘n Afrikaanse webblad waar onderwysers produkte soos vraestelle en werkkaarte kan koop en verkoop. Hoewel die eerste produkte wiskundig van aard is, is die beplanning dat
Die Markplein binnekort produkte vir alle skoolvakke sal bevat. Besoek gerus www.diemarkplein.co.za. |
|
Projek leerkrag |
|
Die SOS het skole reeds met die salarisse van meer as 80 onderwysassistente bygestaan. Op hierdie
manier dra die SOS by dat jong onderwysers tot die beroep gevoeg word. Besoek gerus www.helpendehand.co.za. |
|
Tegnologie in skole |
|
Die implementering van tegnologie in ‘n skool gaan dikwels gepaard met onkunde oor wat benodig word, hoeveel begroot moet word, en so meer.
Die SOS bied riglyne oor die implementering van tegnologie aan skole. Besoek gerus www.helpendehand.co.za. |

Akademia
|
|
Studeer nauurs in Afrikaans by Akademia. Akademia, ‘n inisiatief van die Solidariteit Beweging, is ‘n privaat verskaffer van hoëronderwyskwalifikasies wat daarop gerig is om mense aanstelbaar in ‘n groeiende ekonomie te maak. Sodoende maak Akademia ‘n groot bydrae tot die vooruitgang van Suid-Afrika en sy mense.
Akademia is by die Hoëronderwyskwaliteitskomitee van die Raad op Hoër Onderwys (RHO) geakkrediteer. Die RHO is die statutêre liggaam wat hoëronderwysprogramme en instellings in Suid-Afrika akkrediteer. Besoek gerus www.akademia.co.za. |
|
20% afslag
|
|
Solidariteit het ‘n ooreenkoms met Akademia gesluit waarvolgens lede van die vakbond 20%-afslag op kursusse kry.
Die bedrag is gelykstaande aan sowat 12 jaar se Solidariteit-ledegeld. Die afslag geld ook vir lede se afhanklike kinders. Besoek gerus www.akademia.co.za. |
|
Toegang tot rentevrye studielening
|
|
Solidariteit-lede en hulle afhanklike kinders kry toegang tot rentevrye studielenings om by Akademia te studeer. Dit beteken dat slegs die geleende bedrag terugbetaal word. Daarby hoef dit eers terugbetaal te word nadat die studies voltooi is.
Hierdie ledevoordeel beklemtoon weereens waarom Solidariteit soveel meer as ‘n gewone vakbond is. Solidariteit beskerm sy lede se werk deur opleiding! Besoek gerus www.helpendehand.co.za. |
|
Sol-tech
|
|
Sol-Tech bied opleiding in skaars vaardighede. Sol-Tech is ‘n privaat tegniese opleidingsinstelling wat op Christelike waardes gefundeer is en Afrikaans as onderrigmedium gebruik. Sol-Tech bied die volgende formele kursusse aan: Elektrisiën,
Meulmaker, Dieselwerktuigkundige, Passer-en-draaier, Sweiser, Passer en Gereedskap- en setmaatmaker. Besoek gerus www.sol-tech.co.za. |
|
Voorkeur aan Solidariteitslede met innames
|
|
Solidariteit-lede sowel as hul afhanklike kinders tot op die ouderdom van 21 kry voorkeur tydens
innames by Sol-Tech. Besoek gerus www.sol-tech.co.za. |
|
Toegang tot rentevrye studielening
|
|
Solidariteit-lede en hulle afhanklike kinders kry toegang tot rentevrye studielenings vir opleiding by Sol-Tech. Dit beteken dat slegs die geleende bedrag terugbetaal word.
Daarby hoef dit eers terugbetaal te word nadat die studies voltooi is. Besoek gerus www.helpendehand.co.za. |
|
Finansiele hulp vir tersiere opleiding
|
|
Solidariteit Helpende Hand verleen elke jaar finansiële bystand ter waarde van miljoene rand aan verdienstelike studente wat andersins nie sou kon studeer nie.
Die Solidariteit Helpende Hand Studiefondssentrum is in reaksie op die behoefte aan finansiële hulp vir tersiêre opleiding gestig. Besoek gerus www.helpendehand.co.za. |
|
Finansiele hulp vir tersiere opleiding as Solidariteit-lid
|
|
Jou Solidariteit-lidmaatskap gee vir jou ‘n beter kans om finansiële hulp vir tersiêre opleiding te bekom. Lede, asook hulle afhanklike kinders,
kry addisionele punte en kwalifiseer daarom makliker. Besoek gerus www.helpendehand.co.za. |

Bekostigbare Beroepsvoorligting
|
|
Die doel van die beroepsvoorligtingprogram is om aan Afrikaanse jongmense landswyd ‘n bekostigbare beroepsleidingdiens ten opsigte van vakkeuses en beroepskeuses te bied.
Professionele begeleiding word aan jongmense gebied om te verseker dat hulle die nodige kennis en vaardighede bekom en ‘n ingeligte besluit oor hul toekoms kan neem. ‘n Verskeidenheid pakkette is beskikbaar en die koste van die psigometriese toetse kan van mediese fondse teruggeëis word. Kontakbesonderhede: 0861 25 24 23 of diens@helpendehand.co.za Besoek gerus www.helpendehand.co.za. |
|
Afslag vir lede
|
|
Om lede te bedank vir hulle lojale steun het Solidariteit ‘n spesiale afslag op die beskikbare pakkette vir hulle beding. Onthou om te noem dat jy lid is van Solidariteit!
|
|
Loopbaangids
|
|
Om ‘n beroep te kies is, seker een van die belangrikste keuses van ‘n jongmens se lewe. Maak dus dubbeld seker dat jy reg kies.
Besoek gerus www.helpendehand.co.za om Helpende Hand se aanlyn loopbaangids te lees. |
|
Inligting oor verskillende loopbane
|
|
Lees meer oor verskillende beroepe.
Besoek gerus www.helpendehand.co.za. |
|
Opstel van CV’s
|
|
Solidariteit doen meer as om lede te help om hulle werk te behou. Die vakbond wil ook hulle werksomstandighede en -vooruitsigte help
verbeter. Jou CV is die eerste indruk wat ‘n voornemende werkgewer van jou kry en daarom is dit belangrik dat dit volledig en professioneel opgestel word. Klik hier indien jy hulp met die opstel van jou CV benodig. |
|
WerkNet
|
|
WerkNet is ‘n gratis Afrikaanse werksoekportaal. Dit is ‘n interaktiewe elektroniese platform waar werksoekers hulle CV’s kan oplaai en
kyk vir poste en werkgewers beskikbare poste kan adverteer en geskikte kandidate kan soek. Solidariteit Helpende Hand is nie ‘n personeelplasings- en werwingsagentskap nie en aanvaar nie verantwoordelikheid vir die keurings- en plasingsproses nie. Besoek gerus www.werknet.co.za. |
|
Hanteer navrae oor werkskontrakte
|
|
Die ondertekening van jou eerste werkskontrak kan intimiderend wees, veral as jy nie op hoogte is van die basiese voorwaardes van indiensneming
nie. Indien jy onseker is oor iets in jou kontrak, kontak Solidariteit gerus by 0861 25 24 23 of diens@solidariteit.co.za. |

Werksverwante regshulp
|
|
Solidariteit se Algemene Litigasie-afdeling lewer bystand aan lede wat regsprobleme in die werkplek ervaar. Hulp word verleen in terme van regsnavrae, konsultasies, grieweprosedures, dissiplinêre ondersoeke,
versoenings en arbitrasies. Die Algemene Litigasie-afdeling fokus veral daarop om sake by instellings soos die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) en bedingingsrade van die verskillende bedrywe aanhangig te maak vir beslegting. Kontak Solidariteit Regsdienste se Algemene Litigasie-afdeling by 012 644 4344 of meld jou saak by Solidariteit Regsdienste aan. |
|
Arbeidshof
|
|
Solidariteit se Arbeidshofafdeling bied ‘n uitgebreide reeks arbeidsverwante dienste aan Solidariteit-lede. Die afdeling hanteer arbeidsgeskille van Solidariteit-lede wat in die arbeidshof beslis moet word.
Daarby hanteer die afdeling sake van diskriminasie en onbillike aflegging asook kontraktuele eise Kontak die Arbeidshofafdeling by 012 644 4381/4411/4433/4337 of meld jou saak by Solidariteit Regsdienste aan. |
|
Telefoniese sivieleregsadvies
|
|
Solidariteit bied telefoniese sivielregtelike advies aan lede.
Kontakbesonderhede: 012 362 1552 of fineks@svslaw.co.za. |
|
Advies oor wantoepassing van regstellende aksie
|
|
Solidariteit het reeds baie navorsing oor die toepassing van regstellende aksie in Suid-Afrika gedoen. Indien jy as gevolg van die wantoepassing van regstellende aksie benadeel word,
kontak ons by 0861 25 24 23 of diens@solidariteit.co.za. |
|
Verwysing na ‘n goeie Beroepsielkunde
|
|
Kontak gerus vir Bertus Swanepoel by 076 010 4952 of bertus.swanepoel@gmail.com om ‘n afspraak te maak.
|
|
Afslag op Beroepsielkunde
|
|
Om lede te bedank vir hul lojale steun het Solidariteit ‘n spesiale afslag op konsultasies vir lede met die beroepsielkundige Bertus Swanepoel beding. Onthou om te noem dat jy lid is van Solidariteit!
|
|
Maatskaplike advies
|
|
Lede van Solidariteit en ondersteuners van Helpende Hand is welkom om die maatskaplike werker oor maatskaplike kwessies te kontak.
Maatskaplike kwessies kan per e-pos, telefonies of persoonlik aangemeld word. Die doeltreffendste metode van aanmelding is e-pos. Lede is ook welkom om ‘n afspraak met die maatskaplike werker te maak. Die maatskaplike werker kan nie help met finansiële nood, materiële hulp, behuising, statutêre dienste of die bevestiging van die identiteit van pensionarisse wat ‘n pensioen by die Suid-Afrikaanse Kontakbesonderhede: 0861 25 24 23 of diens@helpendehand.co.za Besoek ook gerus www.helpendehand.co.za. |

Eisproses en vorms
|
|
Lees meer oor die eiseproses of klik hier vir alle verwysingsvorms en klagtevorms rakende beroepsbeserings en -siektes.
|
|
Bystand met eise vir beroepsbeserings en siektes
|
|
Die beskerming van ons lede in die werkplek voor sowel as ná werkplekbeserings is van uiterste belang.
Skakel Solidariteit Regsdienste se Afdeling vir Beroepsgesondheid en -veiligheid by 012 644 4343 of meld jou saak by |
|
Bystand en advies met beroepsgesondheidsprobleme by die werkplek
|
|
Die Afdeling vir Beroepsgesondheid en -veiligheid se doel is om die regte en belange van Solidariteit-lede in die strewe na ‘n veilige werkplek te beskerm. Hierdie doelwit is een van die belangrikste
skakels in Solidariteit se waardeketting wat daarop gemik is om omvattende beskerming aan lede te bied. Skakel Solidariteit Regsdienste se Afdeling vir Beroepsgesondheid en -veiligheid by 012 644 4343 of kry advies by |
|
Bystand en advies met beroepsgesondheidondersoeke
|
|
Solidariteit bied bystand en advies rakende ondersoeke voortspruitend uit beroepsbeserings en -siektes.
Die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes (No. 130 van 1993) maak voorsiening vir die toekenning van vergoeding ten opsigte van arbeidsongeskiktheid wat veroorsaak word deur beroepsbeserings Skakel Solidariteit Regsdienste se Afdeling vir Beroepsgesondheid en -veiligheid by 012 644 4343 of meld jou saak by |

Gratis finansiële advies
|
|
Solidariteit Finansiële Dienste (SFD) bied finansiële oplossings deur waardegedrewe advies en uitnemende diens te verskaf.
Skakel SFD vandag nog by 0861 10 10 05. |
|
Bekostigbare motor en huisinhoudversekering
|
|
Help die vakbond groei deur jou motor- en huisinhoudversekering by Solidariteit uit te neem. Bel ons by 0861 10 10 05 vir ‘n gratis kwotasie.
|
|
Bekostigbare Lewens, ongeskiktheidsdekking en inkomstebeskerming
|
|
Wat sal gebeur as jy more nie meer ‘n inkomste kan verdien nie?
Solidariteit Finansiële Dienste kan dié vraag gratis vir jou beantwoord. Skakel ons vandag nog by 0861 10 10 05. |
|
Bekostigbare bykomende Regshulpversekering
|
|
Kry die mag van die wet aan jou kant. Solidariteit Finansiële Dienste, in samewerking met Legal X, bied addisionele regshulpversekering vir Solidariteit-lede. Hierdie diens sluit die volgende in:
Skakel 0861 765 734 of besoek www.legalx.co.za |
|
Gratis hulp met beleggings
|
|
Maak jy genoeg voorsiening vir jou gesin vir die dag wat jy nie meer daar sal wees om vir hulle te voorsien nie?
Solidariteit Finansiële Dienste kan dié vraag gratis vir jou beantwoord. Skakel SFD vandag nog by 0861 10 10 05. |
|
Gratis aftreebeplanning
|
|
Het jy genoeg voorsiening gemaak vir jou oudag?
Solidariteit Finansiële Dienste kan dié vraag gratis vir jou beantwoord. Skakel SFD vandag nog by 0861 10 10 05. |
|
Belastingadvies
|
|
Betaal jy te veel belasting? Wat kan jy alles terugeis van die ontvanger van inkomste?
Solidariteit Finansiële Dienste kan dié vrae gratis vir jou beantwoord. Skakel SFD vandag nog by 0861 10 10 05. |

Mediesefondsadvies
|
|
Solidariteit bied professionele advies oor mediese fondse.
Solidariteit het ‘n kontrak met ‘n diensverskaffer wat ‘n behoeftepeiling kan doen om jou te help om die mediese fonds te kies wat die beste by jou persoonlike omstandighede pas. Stuur ‘n e-pos na solidariteit@health2wellness.co.za |
|
Verwysing na ‘n goeie Leefstyl afrigter
|
|
Kontak Paul Smit gerus by:
082 721 4000 |
|
Afslag op tariewe
|
|
Om lede te bedank vir hulle lojale steun het ons ‘n spesiale afslag op konsultasies met leefstylafrigter en verhoudingspesialis Paul Smit beding. Onthou om te noem dat jy lid is van Solidariteit!
|
|
Welstand advies
|
|
Solidariteit bied gratis advies om jou welstand te bevorder. Kom kuier op ons welstandblad vir advies en wenke oor hoe om jou lewe
weer balans te gee. |
|
Atletiekklub
|
|
Wil jy graag ‘n stokperdjie beoefen? Wil jy meer aktief wees en die buitelewe geniet? Dan is die Solidariteit Atletiekklub ideaal vir jou! Dié atletiekklub bestaan uit ‘n hegte groep van 220 ywerige
drawwers wat saam oefen en aan wedlope deelneem. Daarby word die klub onder die top 15 in Noord-Gauteng geklassifiseer en skop hy stof in baie ander klubs se oë wat ledetalle betref. Teen ‘n eenmalige aansluitingsfooi van slegs R150 is dit beslis die moeite werd om die ondersteuning van die klub en sy lede te geniet. Sluit sommer vandag nog aan! Kontak ons by atletiek@solidariteit.co.za. |

Opstel Testament & Boedelbereddering
|
|
Solidariteit stel vir lede ‘n gratis testament op. Die testament word ook gratis gestoor.
Kontakbesonderhede: 012 362 1552 of fineks@svslaw.co.za. |
|
Begrafnisvoordeel
|
|
Solidariteit-lede wat daarvoor kwalifiseer, ontvang ‘n omvattende begrafnisvoordeel. Hierdie voordeel sluit ‘n lid se huweliksmaat/genomineerde gade/lewensmaat en afhanklike kinders
jonger as 21 jaar in. Alle eise moet binne ses maande ná die afsterwe van ‘n lid, ‘n lid se gade of ‘n afhanklike ingedien word. Skakel 0861 25 24 23 of jou naaste Solidariteit-dienskantoor. |
|
10 % Korting op grafstene wanneer AVBOB of Martin’s gebruik word
|
|
Wanneer Solidariteit-lede van AVBOB of Martin’s se dienste gebruik maak, kry hulle ‘n 10%-korting op grafstene. Hierdie voordeel geld ook vir ‘n lid se huweliksmaat/genomineerde gade/lewensmaat
en afhanklike kinders jonger as 21 jaar. Skakel 0861 25 24 23 of jou naaste Solidariteit-dienskantoor. AVBOB: Martin’s |

Solidariteittydskrif & Elektroniese Nuusbrief
|
|
Die Solidariteit Tydskrif kommunikeer belangrike arbeidskwessies en verwikkelinge in die arbeidsmark aan lede. Die tydskrif verskyn ses keer per jaar. Skakel 0861 25 24 23 of
besoek www.solidariteittydskrif.co.za vir meer inligting oor die tydskrif. Soldeer is Solidariteit se weeklikse nuusbrief wat per e-pos aan lede gestuur word. Dit bevat nuus oor die jongste verwikkelinge by Solidariteit en in die Suid-Afrikaanse arbeidsmark. |
|
Kraal-klub
|
|
Solidariteit-lede kan gratis aan die Kraal-klub behoort. Kraalklub-lede kry 10%-afslag op Kraal Uitgewers se publikasies. SMS “KRAAL” na 32347 om lid te word of besoek
www.kraaluitgewers.co.za. |
|
Vakansievoordeel: 20% afslag op akkommodasie by Kokoriba
|
|
Kom ontspan in die Bosveld teen 20%-afslag. Alle volopbetaalde lede van die Solidariteit Beweging kwalifiseer vir 20%-afslag by Kokoriba. Lidmaatskap sal nagegaan word voor die afslag toegestaan word.
Lede moet self by Kokoriba wees gedurende die tydperk waarvoor hulle ‘n bespreking gemaak het. Lede moet hulle lidmaatskapkaart of identiteitsdokument aan die oord se ontvangspersoneel toon. Die afslag geld slegs vir een eenheid per gesin. Ten minste een lid van die gesin moet ‘n lid van die Solidariteit Beweging wees. Hierdie voordeel geld nie oor Paasnaweke en gedurende Desember-skoolvakansies nie. |
|
Afslag op uitgesoekte vertonings
|
|
Solidariteit-lede kry van tyd tot tyd afslag op uitgesoekte teatervertonings. Hierdie aanbiedinge word op sosiale media en in Soldeer aan lede gekommunikeer.
Klik hier om op Soldeer in te teken. |

Bevallingsvoordeel
|
|
‘n Bevallingsvoordeel van R1 250 word per kind aan vroulike lede met 12 maande ononderbroke Solidariteit-lidmaatskap betaal. Alle eise moet binne ses maande ná die bevallingsdatum ingedien word.
Kontaknommer: 0861 25 24 23 |