- Ry met die R21 in die rigting van Pretoria.
- Net na die Irene-afrit, beweeg na die linkerbaan.
- Kies die afrit na die N1-snelweg.
- Draai links in die rigting van Johannesburg (suid).
- Kies die eerste afrit op die N1 in ‘n suidelike rigting (Bothalaan).
- Nadat jy die Bothalaan-afrit gekies het, draai jy regs by die verkeerslig. Jy draai dus in Bothalaan in, in ‘n noordwestelike rigting.
- Ry met Bothalaan vir sowat 5 kilometer, verby Doornkloof en Lyttelton aan jou linkerkant en die treinspoor en Lytteltonstasie aan jou regterkant.
- Ry verby Cantonmentlaan (en die Shoprite-winkelsentrum) aan jou linkerkant.
- Ry verby Hofmeyrstraat aan jou regterkant en draai by die volgende verkeerslig regs in Nuwestraat (daar is ‘n Shell Garage aan die regterkant).
- Draai dadelik weer links in DF Malanrylaan.
- Solidariteit se hoofkantoor is minder as 1 kilometer verder aan jou regterkant, op die hoek van DF Malan- en Eendrachtstraat.
- DF Malan-rylaan loop parallel met Botha-laan. Sou jy dus nie uit Bothalaan uit in Nuwestraat draai nie, sal jy by die Solidariteit-hoofkantoor aan jou regterkant
- verbyry. Kies dan net die volgende verkeerslig.