BEL ONS: 012 644 4300

#VerpleegSTER 2021: Bepalings en voorwaardes
Solidariteit Gilde vir Verpleegkundiges

Solidariteit se Verpleeggilde erken die ongelooflike belangrike rol wat verpleegkundiges in die samelewing speel. Ons wil dankie sê vir die dae wat teetyd nie bestaan nie en kos ʼn bysaak is; vir die kere wat hulle hande vasgehou het wanneer dit nie deur geliefdes vasgehou kon word nie. Die meeste verpleegkundiges het hierdie beroep gekies, nie vir die betaling nie, maar vir diensbaarheid en toewyding aan ander.

  1. Nomineer ʼn geregistreerde praktiserende verpleegkundige met ’n kort motivering oor waarom hierdie verpleegkundige die prys verdien en gee só aan hierdie onbaatsugtige persone die erkenning wat hulle verdien.
  2. Nominasies is gratis en enige praktiserende verpleegkundige wat geregistreer is kan genomineer word.
  3. Verpleegkundiges moet bestaande, of nuwe lede wees om vir die kompetisie te kwalifiseer.
  4. Om ʼn verpleegkundige te nomineer volg die stappe hieronder:
    1. Stap 1: Klik op die volgende skakel: Klik hier
    2. Stap 2: Vul jou besonderhede en dié van die persoon wat jy nomineer hier in om te kwalifiseer.
    3. Stap 3: Deel gerus die skakel op sosiale media en moedig nog mense aan om ’n verpleegkundige te nomineer wat sy of haar lewe aangeraak het.
  5. Finaliste sal slegs oorweeg word indien die skakel volledig ingevul is.
  6. Die getal inskrywings is onbeperk.
  7. Die getal nominasies per persoon is ook onbeperk.
  8. Geen persone onder 18 jaar mag aan die kompetisie deelneem nie.
  9. Die nomineerder is verantwoordelik vir die korrektheid en suksesvolle registrasie van die genomineerde se inskrywing.
  10. Die genomineerde sal bevestig dat hy of sy die toekenningsnominasie aanvaar.
  11. Deelname aan die kompetisie impliseer aanvaarding van alle bepalings, reëls en voorwaardes.
  12. Die nominasies sluit op 24 September om 12:00.
  13. Genomineerdes het tot en met 26 September om 12:00 om hul nominasie te aanvaar en vir die kompetisie te registreer. Geen registrasies sal na hierdie datum aanvaar word nie.
  14. Die toptien-nominasies word op 18 Oktober 2021 op ʼn stemblad geplaas waarna dit vir stemming deur lede van die publiek beskikbaar sal wees.
  15. Die stemblad sluit op 31 Oktober 2021.
  16. Die wenners word tydens die VerpleegSTER glansaand, wat in November 2021 sal plaasvind, aangewys.
  17. Genomineerdes moet die funksie bywoon om vir die pryse in aanmerking te kom.
  18. Die wenners sal deur ʼn onafhanklike paneel sowel as by wyse van die publiek se stemme gekies word. Beslissings is finaal.
  19. Geen laat inskrywings sal aanvaar word nie.
  20. Die wenner sal op al Solidariteit se openbare platforms bekend gemaak word.
  21. Geen pryse kan oorgedra, omgeruil of uitgeruil word nie.
  22. Die wenners stem in om hulle samewerking te gee en om aan al Solidariteit se openbare of mediageleenthede, wat met die kompetisie verband hou, deel te neem. Genomineerdes stem ook in dat hulle besonderhede op Solidariteit se webwerwe mag verskyn.
  23. Alle inskrywings word die eiendom van Solidariteit, maar die inligting sal vertroulik hanteer word en slegs vir Solidariteit se gebruik wees.
  24. Deelnemers aan die kompetisie gee toestemming om deur Solidariteit gekontak te word.
  25. Alle deelnemers vrywaar die Solidariteit Beweging, sowel as die borge en agentskappe wat by hierdie promosie betrokke is, van enige skade en/of koste voortspruitend uit eise wat die deelnemer mag hê of opdoen deur deelname aan die kompetisie en/of die benutting van die prys.
  26. Indien Solidariteit nie daarin kan slaag om die pryswenner binne vyf werksdae per e-pos of telefonies te kontak nie, sal die naaswenner as wenner aangewys word.
  27. Solidariteit en sy vennote is nie aanspreeklik vir enige tegniese fout wat daartoe kan lei dat ʼn inskrywing nie suksesvol ingedien word nie. Solidariteit aanvaar geen verantwoordelikheid vir inskrywings wat onafgelewer is, verlore raak of vertraag word nie. Bewys van stuur is nie bewys van ontvangs nie. ʼn Inskrywer moet self ontvangs van sy/haar inskrywing bevestig.

Klik hier vir die volledige bepalings en voorwaardes

Registreer / Register

Maak toe / Close