BEL ONS: 012 644 4300

verteenwoordiger-header
verteenwoordiger-stem
Solidariteit Verteenwoordiger van die Jaar-toekenning: Jy kan nou vir jou gunsteling stem!

Het jy nog altyd gewens jy kan ʼn manier vind om jou Solidariteit-verteenwoordiger vir al sy of haar ondersteuning te bedank? Nou is jou kans! Wys jou dankbaarheid deur aan Solidariteit se nuwe opwindende kompetisie deel te neem!

Hoe neem jy deel?

Hou elke dag ons Facebook- en Twitter-blaaie dop.

Waarom aan die kompetisie deelneem?

Solidariteit-verteenwoordigers vervul ʼn onmisbare rol en is een van die vernaamste skakels tussen die vakbond en sy lede. Sonder die leiding, ondersteuning en lojaliteit van ons verteenwoordigers, sou ons nie ons reeks uitstekende en omvattende dienste aan ons lede kon lewer nie. Die kompetisie is dus ʼn manier waarop die vakbond, enersyds, en Solidariteit-lede, andersyds, ons getroue verteenwoordigers vir al hul harde werk en ondersteuning deur die jare kan bedank.

Wat is nog op die spel?

ʼn Gelukkige trekking sal ook plaasvind waartydens deelnemers aan die kompetisie die kans sal staan om R500 in kontant te wen.

Wanneer sluit die kompetisie?

Lede en ondersteuners het tot 15 November 2014 om vir hul gunsteling verteenwoordiger te stem.

Bepalings en voorwaardes vir die kompetisie.

  • 16
  •  
  •  
  •  
  •  

Registreer / Register

Maak toe / Close