• Teken in
  • Flip Buys oor die waarde wat godsdiens toevoeg tot skole

    Mandaat aan Solidariteit om in sy rol as vriend van die hof tot die godsdienssaak toe te tree

    Argument vir godsdiens in skole

    Solidariteit is onlangs as 'n vriend van die hof (Amicus Curiae) in die saak om die beoefening van godsdiens in skole toegelaat. In sy betoog om as vriend van die hof toegelaat te word, voer Solidariteit aan dat hy die beoefening van godsdiens in skole ondersteun en vandaar sy aansoek om ook tot die saak toe te tree.

    Solidariteit se argument in hierdie saak word baie deeglik in die Grondwet vervat. Artikels 15(1) en 18 van die Grondwet bepaal dat almal die reg op vryheid van geloof en assosiasie het terwyl artikel 15(2) verder bepaal dat skole – wat deur die staat gefinansier word – 'n reg het om geloofspraktyke daar te beoefen mits die bywoning daarvan vrywillig geskied.

    Gelykstaande hiermee lui artikel 7 van die Suid-Afrikaanse Skolewet dat die beoefening van godsdiens in skole onderhewig is aan die Grondwet, en voorts dat godsdienstige praktyke wel by skole toegelaat word sou die beheerliggaam van daardie skool dit so bepaal. Weereens moet die bywoning van godsdienstige praktyke vrywillig wees.

    Solidariteit glo dus dat die beoefening van godsdiens in skole ingevolge die Grondwet moontlik is, prakties uitvoerbaar is en ook 'n belangrike rol in die sukses van talle skole in die land speel. Solidariteit sal in sy rol as vriend van die hof hierdie argumente uitlig en aanhou veg vir die grondwetlike reg om godsdiens in skole te beoefen.

    Mandaat aan Solidariteit

    Hiermee gee ek 'n mandaat aan Solidariteit om in sy rol as vriend van die hof toe te tree en om alle nodige stappe namens my te neem om die uitoefening van reg op vryheid van geloof in openbare skole te verdedig en toe te sien dat Solidariteit ‘n bydrae lewer tot die regsdebat oor hierdie belangrike saak, veral ook uit die oogpunt van opvoeders.

    Ek glo dat ‘n skoolgemeenskap grondwetlik en uit hoofde van tersaaklike statutêre bepalings geregtig is om deur sy verkose beheerliggaam beleid en reëls te formuleer vir ‘n bepaalde skool en skoolgemeenskap aangaande die uitoefening van die reg van vryheid van geloof en godsdiensbeoefening asook dat ‘n skool die keusevryheid het om ‘n bepaalde godsdienstige karakter en etos aan te neem

    godsdiens in skole

    Agtergrond

    1. AGTERGROND TOT VERSOEK OM MANDAAT VIR SOLIDARITEIT OM AS VRIEND VN DIE HOF IN GODSDIENSSAAK TOE TE TREE:
      1. Die Suid – Afrikaanse Onderwysers Unie (SAOU) het in Oktober / November 2014 ‘n elektroniese stemming onder sy lede gehou ten einde van sy lede ‘n mandaat te bekom om as amicus curiae en belanghebende toe te tree tot die hangende hofsaak rakende godsdiensbeoefening in skole.
      2. Die verkryging van die mandaat het gepaardgegaan met vyf kernvrae wat aan sy lede gerig is gedurende die stemming. Dit is ondermeer uiteengesit in ‘n onlangse nuusbrief van SAOU nr 10/2017. Die vrae was soos volg:
        1. Moet die beginsel van keusevryheid tov ‘n bepaalde godsdienstige etos en karakter (ongeag die geloof) by ‘n betrokke skool gehandhaaf word? / Must the principle of freedom of choice in regard to a particular religious ethos and character (regardless the religion) be maintained at a particular school?
        2. Moet die BL en die onderwyspersoneel dit op so ‘n wyse implementeer dat ruimte en respek vir ander gelowe en standpunte geskep word? / Must the SGB implement it in such a manner that space and respect for other beliefs are created
        3. Word die beginsel aanvaar dat leerders en onderwyspersoneel wat nie met ‘n betrokke skool se spesifieke benadering tot godsdiensbeoefening saamstem nie, vrygestel word van enige samekomste en verder dat daar op geen wyse hoegenaamd teen hierdie persone gediskrimineer mag word nie? / Is the principle accepted that staff members and learners who do not agree with the specific approach to religious observance may be exempted from gatherings and furthermore that they may not be discriminated against in any manner whatsoever?
        4. Moet die SAOU toetree tot die voorgenome litigasieproses as amicus curiae om die standpunt van die professionele opvoeder soos hierbo uiteengesit, te stel? / Must the SAOU approach the Court as amicus curiae to convey the position of the professional educator as stated here above?
        5. Moet die SAOU ‘n spesiale regsfonds vestig om lede en skoolgemeenskappe in staat te stel om finansiële bydraes (R10 p/p) te maak om die befondsing van voormelde litigasie te bewerkstellig? / Must the SAOU establish a specific legal fund to enable members and school communities to contribute (R10 p/p) to the funding of the envisaged litigation?
      3. Uit SAOU se ledetal het 2811 lede hulle stemme uitgebring. Die resultaat van die stemming wat “Ja/Yes” op elkeen van bogenoemde vrae geantwoord het, was soos volg:
        1. Vraag 1: 94.9 %;
        2. Vraag 2: 93.8 %;
        3. Vraag 3: 96.4 %;
        4. Vraag 4: 98.1 %;
        5. Vraag 5: 91.1 %.
      4. Veral belangrik was die uitslag ten opsigte vraag 1 (sonder om die belang van die ander vrae te onderbeklemtoon) wat ‘n mandaat was om die standpunt van die professionele opvoeder in die saak te stel dat die beginsel van keusevryheid ten opsigte van ‘n bepaalde godsdienstige etos en karakter by ‘n betrokke skool gehandhaaf moet word.
      5. Op sterkte van hierdie mandaat het die SAOU in sy in paragraaf 14 van sy funderende verklaring geliasseer in Desember 2015 ondermeer die volgende gesê. Die tersaaklike gedeeltes word verbatim aangehaal Waar gedeeltes onderstreep is, is die onderstreping ter beklemtoning ingevoeg:
        1. In paragraaf 14.2 daarvan:
          “Section 7 of the Schools Act permits governing bodies to adopt rules determining the basis on which religious observances will be conducted. The critical question is what the permissible ambit of this power is, and whether it precludes a governing body adopting a religious observance the rules that align a school with a particular religion.”
        2. In paragraaf 14.3:
          “The SAOU submits that it does not, provided that these rules are in accordance with applicable laws, are not conducted on an inequitable basis, and are implemented in such a way as to ensure that participation is free and voluntary.”
        3. In paragraaf 14.4:
          “In other words, the right to freedom of religion in public schools permits the school community, through its governing body, the exercise a choice to align itself a particular religion. At the same time, the school must respect and protect the rights of members of its community, the learners and educators, to choose not to but participate in particular religious observances. It must also prohibit and prevent any discrimination against learners and educators whose religious choices differ.”
        4. In paragraaf 14.5:
          “This requires an equitable balance between different interest groups in the school community, but does not necessarily require the equal treatment of all religious interests in schools religious observance policy.”
        5. In paragraaf 14.6:
          “Through its activities and interaction with its members, the SAOU has knowledge and experience of how these principles are put into practice in public schools. Submissions based on this knowledge and experience will form part of the SAOU’s submissions should it be admitted as an amicus.”
        6. In paragraaf 14.8:
          “Based on the knowledge and experience the SAOU has gained, it will submit that it is possible for public schools to elect to align themselves with a particular religion while at the same time respecting and protecting the rights of educators and learners in the school community whose religious choices differ.
        7. In paragraaf 14.9:
          “On this basis, the SAOU will submit that the court ought not to grant the relief sought in prayers 1.1 and 1.2 of the applicant’s Notice of Motion. Nor should the court grant an interdict against the respondent schools for practices that fall within the ambit of the principles set out above.”
      6. In ‘n aanvullende verklaring deur die SAOU wat afgelewer is tesame met die SAOU se hoofde van betoog op 28 Februarie 2017 (nadat die saak ter rolle geplaas is vir verhoor op 15 – 17 Mei 2017) word in paragraaf 5 van SAOU se aanvullende verklaring dit gestel dat die doel van die aanvullende verklaring is: “… to clarify and revise certain submissions made in the SAOU’s founding affidavit….”
      7. Ter verdere verduideliking van die doel om sy standpunte wat aanvanklik gestel is in sy funderende verklaring op te helder en te hersien sê SAOU ondermeer in paragraaf 8 van sy aanvullende verklaring die volgende: “Since filing its application, the SAOU has reflected upon the submissions it seeks to advance in the main application. In particular, upon careful consideration and deliberation, the SAOU recognised that various submissions articulated in paragraph 14 of its founding affidavit contradict aspects of the Minister of Education’s “National Policy on Religion and Education” of 2003 (“the National Policy”) and are unsustainable.
      8. In paragraaf 14.2 van die nuwe aanvullende verklaring word dit gestel:
        “Second, it submits that a proper interpretation of section 15 (2) of the Constitution implies that public schools should guard against alignment with the particular religion, or a limited set of religions that promote sectarian interests”.
    2. SOLIDARITEIT SE INTERPRETASIE UIT DIE VOORAFGAANDE VERWIKKELING EN VERSOEK OM MANDAAT.
      1. Solidariteit het aanvanlik nie oorweeg om toe te tree as amicus curiae in die saak nie omdat SAOU uit die staanspoor namens onderwysers ‘n standpunt ingeneem waarmee Solidariteit hom vereenselwig het en ook gemeen het dat die standpunt uit ‘n juridiese oogpunt inaggenome Artikel 15 van die Grondwet en artikel 7 van die Skolewet regverdigbaar en verdedigbaar was.
      2. SAOU wat ‘n wesenlike aantal onderwysers en opvoeders verteenwoordig se verandering in standpunt en ommekeer so onlangs soos 28 Februarie 2017 nadat die saak reeds ver gevorder is, bring verrassend ‘n wesenlike verandering mee in wat SAOU se aanvanklike standpunt was. Dit ondersteun nie meer die standpunt (ten spyte daarvan dit die grondslag gevorm het van die mandaat van sy lede) dat ‘n beheerliggaam van ‘n skool die keusevryheid mag hê om ‘n bepaalde godsdienstige karakter en etos aan te neem nie. Die implikasie hiervan is voor die hand liggend vir opvoeders wat waarde heg hieraan uit ‘n opvoedkundige oogpunt.
      3. Solidariteit meen dat die aanvanklike standpunt van SAOU wel juridies en grondwetlik argumenteerbaar en verdedigbaar is. Die aspek is ook van fundamentele belang vir skole, leerders en onderwysers.
      4. Daarom doen Solidariteit ‘n beroep op sy lede in die algemeen, in die onderwys, ander onderwysers, ouers en ondersteueners, om ‘n mandaat aan Solidariteit te verleen om aansoek te doen om toetrede tot die saak as amicus curiae ten einde submissies namens sy onderwyslede en andedr onderwysers aan die hof voor te lê ter verdediging van die standpunte wat SAOU aanvanklik ingeneem het en sodat daar ‘n volledige bydrae tot die regsdebat oor hierdie belangrike saak gemaak kan word.

    Sluit aan by Solidariteit

    1 minuut - Godsdiens in skole
    Top

    Registreer / Register

    Maak toe / Close