• Teken in
  • wysigingswetsontwerp op die Skolewet

    Die nuwe wysigingswetsontwerp op die Skolewet gaan 'n reuse impak op skole se onafhanklikheid hê. Beheerliggame gaan bykans al hulle magte ten opsigte van leerlingtoelating, taal en personeelaanstellings verloor. Skole gaan eenvoudig tot staatsinstellings genasionaliseer word en verval in grootskaalse diensleweringsprobleme, regstellendeaksieteikens en algehele verval.
    Panyaza Lesufi, die Gautengse LUR vir onderwys, het nietemin op 2 November 2017, tydens 'n onderhoud op 702, aankondigings oor die bestuur van Gautengse skole gemaak wat in ooreenstemming is met dié wysigingswetsontwerp wat nog nie eers goedgekeur is nie.

    Oor die taalbeleid

    Oor die klasgroottes

    Ons veg teen die wysigingswetsontwerp deur deel te neem aan die openbare deelnameproses. Duisende mense moet kommentaar lewer. Solidariteit skep die platform om dit moontlik te maak.

    Indien die wysigingswet wél deurgevoer word, sal ons ook in die hof veg dat dit ongrondwetlik verklaar moet word.
    Solidariteit glo dat skole gemeenskapsinstellings is. Ouers belê baie in hul gemeenskapskole omdat dit ook 'n belegging in hul kinders is.

    Ons besef dat ons nou reeds moet begin werk aan eie, privaatopleidingsinstellings as lewensvatbare langtermyn alternatief. Een wat steeds die gemeenskap wat die skool bedien insluit en die behoud van gehalteonderwys en puik onderwysers sal verseker.
    Die wysigingswetsontwerp is vroeër die maand in die Staatskoerant gepubliseer en het 46 klousules.
    Lees die volledige wysigingswetsontwerp hier.

    NEEM DEEL AAN DIE OPENBARE DEELNAMEPROSES.


    Die publiek het tot 10 November om amptelik op die wysigingswetsontwerp kommentaar te lewer. Hierdie is 'n platform waar enige lid van die publiek hulle kommentaar op die wysigingswetsontwerp kan instuur om hul ontevredenheid met die beplande wysigings te opper.

    Stuur jou kommentaar oor die wysigingswetvoorstel op die Skolewet:

    Aan wie dit mag aangaan

    Die nuwe wysigingswetsontwerp op die Skolewet gaan 'n reuse impak op skole se onafhanklikheid hê. Indien dit ingestel word, sal beheerliggame bykans al hulle magte ten opsigte van leerlingtoelating, taal en personeelaanstellings verloor. Die plan is om onderwysdienste te sentraliseer terwyl die onderwysdepartement uitgesproke is dat hulle dit nie kan bekostig nie. Die implementering van die wysigingswetsontwerp sal dus tragiese gevolge vir dienslewering aan skole hê, en uiteindelik die gehalte van onderrig ook. Ek versoek dus dat hierdie wetsontwerp afgekeur word. Suid-Afrika het alle gemeenskappe se insette nodig om ons kinders op te lei.


    Ek wil graag hierdie kommentaar as deel van die openbare deelnameproses inhandig.

    #VirSkole Weergawe 2
    • Ons sal die kommentaar aan die amptelike forum wat die kommentare ontvang stuur, maar ook aan die minister van onderwys en die LUR van onderwys in elke provinsie.

    • Slegs u naam en van sal onderaan die korrespondensie verskyn.

    • Indien litigasie in die toekoms noodsaaklik word, sal Solidariteit u kommentaar by die hofstukke insluit.

    • Solidariteit sal u kontak om terugvoer te gee oor die proses en aksies wat ons onderneem in hierdie belangrike saak.

    Deel met jou vriende
    Top

    Registreer / Register

    Maak toe / Close