BEL ONS: 012 644 4300
  1. Om vir die prys in aanmerking te kom, moet jy die Vlieg-saam-skakel op Solidariteit se webblad by solidariteit.co.za volg en die inligting volledig voltooi.
  2. Die inligting sal deur ’n paneel oorweeg word en ’n kortlys sal opgestel word waarna die betrokke persone vir ’n onderhoud genooi sal word.
  3. Die prys sluit vliegkoste, visumkoste, verblyf en etes in.
  4. Die prys kan nie vir kontant verruil word nie.
  5. Die wenner sal self daarvoor verantwoordelik wees om vir sy/haar paspoort en visum aansoek te doen.
  6. Om vir die prys in aanmerking te kom, moet jy ’n aktiewe lid van Solidariteit wees.
  7. Slegs een inskrywing per Solidariteit-lid sal voldoende wees.
  8. Om vir die prys in aanmerking te kom, moet jy bo die ouderdom van 18 jaar wees.
  9. Die kompetisie sal oop wees vanaf 10 Februarie 2016 tot middernag op 4 April 2016.
  10. Die kortlys van finaliste sal op 5 April 2016 aangekondig word.
  11. Die wenner sal voor 30 April 2016 aangewys word, of op die naaste datum hieraan sodra alle onderhoude afgehandel is.
  12. Die besluit deur die paneel ten opsigte van ʼn wenner is finaal en is nie hersienbaar nie en daar kan ook nie teen die besluit geappelleer word nie.
  13. Die reëls en inligting op hierdie kompetisieblad maak deel uit van die bepalings en voorwaardes vir deelname.
  14. Deelname aan die kompetisie impliseer aanvaarding van alle bepalings, reëls en voorwaardes.
  15. Werknemers van Solidariteit en instansies van die Solidariteit Beweging en hul gesinslede is van hierdie kompetisie uitgesluit.
  16. Solidariteit behou die reg voor om ʼn onderhoud met die wenner te voer, foto’s te neem en dit te publiseer. Die pryswenner sal in Soldeer, op Solidariteit se Facebook-blad, op solidariteit.co.za en in die Solidariteit Tydskrif aangekondig en gepubliseer word.
  17. Alle inskrywings word die eiendom van die Solidariteit Beweging en sal vir toekomstige promosiedoeleindes in ʼn databasis vasgelê word. Deelname aan hierdie kompetisie veronderstel toestemming om deur Solidariteit gekontak te word.
  18. Alle deelnemers vrywaar die Solidariteit Beweging, sowel as die borge en agentskappe wat by hierdie promosie betrokke is, van enige skade en/of koste voortspruitend uit eise wat die deelnemer mag hê of opdoen deur deelname aan die kompetisie en/of die benutting van die prys.
  19. Die wenner onderneem onherroeplik om ʼn vrywaringsvorm te onderteken alvorens hy / sy die voordele en prys as wenner kan geniet. Indien die wenner weier om sodanige vrywaringsvorm te onderteken, verbeur hy /sy die prys en ʼn nuwe wenner sal aangewys word.
  20. Indien Solidariteit nie daarin slaag om ʼn pryswenner binne vyf werksdae na die finale beslissing deur die paneel per e-pos of telefonies in die hande te kry nie, sal ʼn ander wenner aangewys word.
  21. Solidariteit en sy vennote is nie aanspreeklik vir enige tegniese fout wat daartoe kan lei dat ’n inskrywing nie suksesvol ingedien word nie. Solidariteit aanvaar geen verantwoordelikheid vir inskrywings wat onafgelewer is, verlore raak of vertraag word nie. Bewys van stuur is nie bewys van ontvangs nie. ʼn Inskrywer moet self ontvangs van sy/haar inskrywing bevestig.

 

 

<< Terug na die hoofblad

Registreer / Register

Maak toe / Close