GENÈVE
Die afvaardiging ontmoet afgevaardigdes van die Verenigde Nasies se Komitee vir die Uitwissing van Alle Vorme van Rassediskriminasie en dien die skaduverslag formeel in.Dit is die eerste keer sedert 1994 dat die Suid-Afrikaanse regering by die Verenigde Nasies vir rassediskriminasie aangekla word.

Ontmoet Hee-Kyong Yoo, afgevaardigde van die Kantoor van die Spesiale Rapporteur oor die Regte van Inheemse Groepe van die Verenigde Nasies om die inhoud van ons skaduverslag te bespreek.

Ontmoet Katerine Landuyt van die Eenheid vir Gelykheid van die Departement van Internasionale Arbeidstandaarde van die Internasionale Arbeidsorganisasie (IAO) om die inhoud van ons skaduverslag te bespreek sowel as die indiening van ’n verdere formele klag by die IAO gedurende 2016.

ONTMOET DIE AFVAARDIGING
Klik op ‘n foto

Dr. Dirk Hermann
Bestuurshoof: Solidariteit Beweging
@SolidariDirk

Johan Kruger
Adjunk uitvoerende hoof: Solidariteit

Adv. Dirk Groenewald
Hoof van Solidariteit se Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke

AGENDA VIR DIE DAG
Maandag
10:00 Solidariteit se afgevaardigdes vergader met verteenwoordigers van die kantoor van die UN Special Rapporteur on the Rights of Indigenous peoples.
11:00 Solidariteit se afgevaardigdes vergader met verteenwoordigers van die tak van die kantoor van die UN Special Rapporteur on the Rights Indigenous peoples and Minorities Section, wat met die oppergesag van die reg, gelykheid en niediskriminasie te make het.
Dinsdag
08:00 – 12:00 Die Solidariteit-afgevaardigdes dien die skaduverslag in by CERD en lewer ook boeke en fisiese verslae af.
15:00 Solidariteit se afgevaardigdes vergader met verteenwoordigers van die Internasionale Arbeidsorganisasie se buro vir werkersaktiwiteite (Bureau for Workers’ Activities.)
16:30 Die Solidariteit-afgevaardigdes vergader met die Internasionale Arbeidsorganisasie se standaarde-afdeling (Standards Department.)
Dag 1
Voor die Wilson-paleis waar ons ‘n afspraak met verteenwoordigers van die Kantoor van die Spesiale Rapporteur vir Inheemse Minderhede gehad het.
Afspraak by die kantoor van die Verenigde Nasies se Menseregtekommissie se afdeling vir minderhede, gelykheid en nie-diskriminasie pas afgehandel. Dit was ’n baie goeie gesprek.
Blog vir die dag: Regstellende aksie maak mense dood Dr Frans Cronje van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge het onlangs ‘n herrie veroorsaak toe
hy gesê het regstellende aksie maak babas dood. Dit was na aanleiding van babas wat dood is gevolg van besmette water in Bloemhof. Hierdie argument kan nog
verder uitgebou word. Lees meer
Dag 2
Ons voer onderhoud met Chace-studios, Amerikaanse filmmaatskappy wat al die pad oorgevlieg het vir ons klag by VN. Hul maak dokumentêr oor regstelaksie in SA.
Blog vir die dag: Die Verenigde Nasies se Europese hoofkwartier in Genève is een van die bekendste bakens in die stad. Die VN sePalais des Nations (Paleis van Nasies)word van alle kante afgeneem deur toeriste en besoekers wat die laaste dae van die Europese somer indrink. Kyk jy om jou rond, besef jy dat Genève inderdaad
’n stad van nasies is. Elke paar meter hoor jy ’n ander taal en sien jy iemand wat kennelik van ’n ander land af kom.
Lees meer

  •  
  •  
  •  
  •  
  •  

Registreer / Register

Maak toe / Close