n Pos op die rangvlak van superintendent (luitenant-kolonel) word geadverteer in die afdeling: Nasionale Evaluasiediens (nou die
Nasionale Inspektoraat), Eenheid vir Klagteondersoeke van die Suid-Afrikaanse Polisiediens. Renate Barnard (toe al 13 jaar in die
rang van Kaptein) doen aansoek en haal die kortlys vir 'n onderhoud. Sy word tydens die onderhoud aangewys as die geskikste
kandidaat. Die afdelingskommissaris besluit om, as gevolg van rasteikens, die pos te onttrek en op 'n latere stadium weer te adverteer
ten einde 'n kandidaat aan te stel wat sal help om die SAPD se regstellendeaksieteikens te bereik.
2007
Die saak dien voor die KVBA waar sy bygestaan word deur haar broer, Johan (wat 'n toegelate advokaat tot die balie is). Die SAPD as
werkgewer versuim om die KVBA se verrigtinge by te woon en 'n sertifikaat word deur die kommissaris van die KVBA uitgereik wat Renate
magtig om haar saak na die Arbeidshof te neem.
Renate Barnard versoek die vakbond Solidariteit om haar saak teen die SAPD op grond van onbillike diskriminasie verder te voer. Advokaat
Dirk Groenewald word aangewys om die saak te hanteer.
2010
Uitspraak in die saak word in die Arbeidshof in Johannesburg gelewer. Regter Paul Pretorius bevind dat die
SAPD onregmatig teen Renate Barnard op grond van haar velkleur gediskrimineer het. Hy gelas dat Renate in die rang van
superintendent (luitenant-kolonel) aangestel word en dat die bevorderingsdatum terugwerkend tot 2006 gemaak word.
Die SAPD doen aansoek om verlof tot appèl ten opsigte van Regter Pretorius se uitspraak. Verlof tot appèl word toegestaan.
2012
Die Arbeidsappèlhof beslis in die SAPD se guns en wysig sodoende die Arbeidshof se uitspraak ten gunste van Renate. Die
Arbeidsappèlhof is van mening dat daar nie onbillik teen Renate gediskrimineer is nie, omrede daar niemand in die pos aangestel is
nie. Solidariteit doen aansoek om verlof tot appèl. Verlof word toegestaan.
2014
Die saak dien in die Grondwethof in Johannesburg. Tydens die hofverrigtinge voeg een van die polisie se erkende vakbonde, Popcru,
hulle aan die kant van die SAPD teen Solidariteit en Renate. Betooghoofde word weereens gelewer en uitspraak word voorbehou.
Uitspraak word in die saak gelewer. Die Grondwethof besluit eenparig dat die Hoogste Hof van Appèl se uitspraak ongeldig is en bevestig
die Arbeidsappèlhof se uitspraak in die saak. Die uitspraak lui dat die nasionale kommissaris van die SAPD die magte het om aanstellings
te maak of poste te onttrek. Die hof is van mening dat daar nie onbillik teen Renate gediskrimineer is nie en dat daar ook nie 'n
absolute hindernis vir Renate se groei in die SAPD geplaas is nie. Renate is gedurende 2010 in 'n onverwante pos as 'n luitenant-kolonel
aangestel. Die hof het hierdie aanstelling tydens hul uitspraak in ag geneem.
Solidariteit besluit om die aangeleentheid na die internasionale gemeenskap te neem en versoek dat die regering se huidige toepassing
van regstellende aksie ondersoek word. Suid-Afrika is een van die lande wat CERD geratifiseer het. Die konvensie ('Convention on the
Elimination of Racial Discrimination') handel oor onbillike diskriminasie op grond van ras en geslag.
2006
Dieselfde pos word weer geadverteer. Renate Barnard doen weer aansoek en word vir 'n onderhoud genooi. Sy is weereens, volgens die
keurkomitee, die geskikste kandidaat vir die pos. Die afdelingskommissaris gaan hierdie keer akkoord met die paneel se aanbeveling en
skryf 'n bykomende aanbeveling aan die nasionale kommissaris waarin Renate Barnard se aanstelling in die pos aanbeveel word. Die
nasionale ommissaris besluit egter om nie die aanbeveling goed te keur nie en die pos word vir die tweede opeenvolgende keer teruggetrek
met die hoofrede dat die aanstelling van 'n wit vrou nie die SAPD se bereiking van rasteikens sou bevorder nie. Die aanbeveling word gemaak
dat die pos vir die derde keer geadverteer word, ten einde te poog om 'n persoon van kleur aan te stel.
Dieselfde pos word weer geadverteer. Renate Barnard doen vir die derde keer aansoek vir die pos. Alvorens enige onderhoude gevoer kan word,
word die pos onttrek.
Renate Barnard dien 'n interne grief in ten opsigte van die SAPD se versuim om haar, op grond van haar velkleur, in die pos aan te stel.
Die grief word deur haarself en haar broer, kolonel (Adv) Johan Böning hanteer. Die SAPD wil nie skik nie en nadat Renate 'n
mediasiesertifikaat vanaf 'n interne mediator verkry, word die aangeleentheid na die KVBA verwys.
2009
Die saak kom voor vir verhoor in die Arbeidshof in Johannesburg voor regter Paul Pretorius. Advokaat John Grogan (SC) hanteer die saak
namens Solidariteit en Renate. Tydens die hofsaak wat vier dae duur, word getuienis van die SAPD se diensbillikheidshoof, kolonel
Ramathoka (die enigste getuie wat die staat gebruik) aangehoor. Die keurkomitee se voorsitter, generaal-majoor Abrie Burger getuig
namens Renate in die hof. Renate lewer haar getuienis op die laaste dag. Uitspraak word voorbehou.
2011
Die saak dien in die Arbeidsappèlhof in Johannesburg. Betooghoofde word voorgehou. Solidariteit word weereens verteenwoordig deur advokaat
Grogan (SC) en die SAPD se saak word deur advokaat Cassim (SC) hanteer. Uitspraak word voorbehou.
2013
Die saak word na die Hoogste Hof van Appèl in Bloemfontein verwys. Advokaat Martin Brassey tree namens Solidariteit en Renate op.
Uitspraak van die Hoogste Hof van Appèl is in die guns van Solidariteit en Renate. Die vyf appèlregters besluit eenparig dat die SAPD
wel onbillik teen Renate gediskrimineer het deur haar twee kere op grond van die polisie se diensbillikheidsplan die pos te weier. Die hof
maak ook melding van die feit dat die SAPD nie een van die ander twee aanbevole swart kandidate aangestel het om sodoende
diensbillikheidsteikens te bereik nie. Die SAPD word ook gekritiseer omrede 'n senior pos telkens teruggetrek word en weer geadverteer
word. Volgens die hof se uitspraak is die nasionale kommissaris van die SAPD ingevolge die Grondwet verplig om die polisie op 'n
effektiewe en ekonomiese wyse te bestuur. Die SAPD doen aansoek om die aangeleentheid na die Grondwethof in Johannesburg te verwys.
Aansoek om verlof tot appèl word toegestaan.