SOLIDARITEIT DIEN SKADUVERSLAG BY GENÈVE IN
Die Suid-Afrikaanse regering het einde verlede jaar ‘n verslag by die Verenigde Nasies se komitee vir die uitwissing van alle vorme van rassediskriminasie ingedien. Die verslag was agt jaar laat. Dié verslag verskaf terugvoering oor die regering se voldoening aan die konvensie vir die uitwissing van alle vorme van rassediskriminasie, wat Suid-Afrika bekragtig het.Solidariteit het intussen ‘n skaduverslag met die hulp van ledekommentaar en ander belangstellendes saamgestel. Dié verslag poog om debatvoering oor die omstrede kwessie van BSEB en regstellende aksie in Suid-Afrika te bevorder en gaan in die vorm van ‘n klag teen die Suid-Afrikaanse regering ingedien word.

‘n Skaduverslag is ‘n belangrike instrument vir nieregeringsorganisasies om al die feite tot die beskikking van die VN-komitee te stel by die oorweging van die Suid-Afrikaanse regering se verslag in April / Mei 2016.

Solidariteit gaan ook die Europese Parlement besoek en saam met ander Suid-Afrikaners in die buiteland kuier.

Ons versoek jou om saam te reis!

Reis saam op sosiale media en besoek ons interaktiewe toerkaart.

KLIK OP ELKEEN VAN DIE VOLGENDE LANDE OM TE SIEN WAT SOLIDARITEIT SE AGENDA VIR DIE DAG IS. TOER SAAM! VIR DIE ONDERSTEUNING “CHECK IN” OP FACEBOOK.
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  • hjhjk

  • Olimometer 2.52
  • VIDEO
  • Top

    Registreer / Register

    Maak toe / Close