BEL ONS: 012 644 4300

Maak Suid-Afrika hom skuldig aan oortreding van die VN se konvensie oor die uitwissing van alle vorme van rassediskriminasie?

Die vakbond Solidariteit antwoord “ja” op die vraag en verskaf redes daarvoor in ’n skaduverslag wat in Augustus 2015 aan die VN voorgelê gaan word. Klik hier om die verslag te lees.

Stem u saam? Laat u stem hoor.

Die Suid-Afrikaanse regering het onlangs ’n verslag by die Verenigde Nasies se komitee vir die uitwissing van alle vorme van rassisme ingedien (klik hier om die Suid-Afrikaanse regering se verslag te lees). Die verslag was agt jaar laat. Die verslag verskaf terugvoering oor die regering se voldoening aan die konvensie oor die uitwissing van alle vorme van rassediskriminasie wat Suid-Afrika bekragtig het.

Solidariteit poog om die kommentaar van soveel as moontlik indiwidue en organisasies op sy skaduverslag in te win. Die skaduverslag is ’n eerste stap om debatvoering oor die omstrede kwessie van BSEB en regstellende aksie in Suid-Afrika te bevorder. Kommentaar van die breë publiek word deur middel van sosiale media en radio- en koerantadvertensies versoek. Solidariteit sal dié kommentaar so ver as moontlik konsolideer om dit saam met die skaduverslag in te dien.

Die indiening van ’n skaduverslag is ’n belangrike instrument wat aan nieregeringsorganisasies gebied word om al die feite tot die beskikking van die VN-komitee te stel by die oorweging van die Suid-Afrikaanse regering se verslag in April / Mei 2016.

Lewer asseblief u kommentaar in die ruimte wat voorsien word.

blokkie1regsfonds-blokkieblokkie2
  • 313
  •  
  •  
  •  
  •  

Registreer / Register

Maak toe / Close