BEL ONS: 012 644 4300

maties_header_persgesig

Die vakbond Solidariteit het sy steun toegesê aan die twee Matie-studente wat Vrydag valslik van rassisme beskuldig is. AfriForum Jeug het intussen die betrokkenes gekontak en regshulp aangebied.

Twee vrouestudente, Poekie Briedenhann en Jo-Anne Cloete, van Maties is verlede week deur die drukgroep Open Stellenbosch van rassisme beskuldig nadat hulle hulself vir ʼn koshuispartytjie pers geverf het. Die groep het valslik beweer die studente het hulself swart geverf om met swart mense die spot te dryf, waarna die studente uit hul koshuis geskors is.

Hierdie ondeurdagte, ongenaakbare optrede teen die twee studente is onaanvaarbaar en skep ʼn uiters swak presedent. Twee studente wat onskuldige pret wou hê, is valslik as rassiste afgemaak. Nie net is hul lewens ontwrig deur hul skorsing uit hul koshuis nie;  hulle is boonop wyd veroordeel en deur ander studente uitgejou. Die universiteit se optrede is duidelik polities gemotiveerd.

Prof Wim de Villiers skryf in sy brief gister:

“Ek is baie trots op ons studente wat met so ʼn positiewe gesindheid oor die kwessie van transformasie met mekaar in gesprek getree het. Dit is hoe ons as denkleiers ontwikkel. Ek wil op almal ʼn beroep doen om die proses sy gang te laat gaan ter wille van billikheid teenoor al die betrokkenes, sonder verdere spekulasie, dreigemente of viktimisering.”

Hierdie optrede teen die Matie-studente is in skrille kontras met die wyse waarop die onlangse rassistiese gedrag van studente op Wits hanteer word.

Daarom gaan Solidariteit ’n mosie van wantroue teen die bestuur van die Universiteit Stellenbosch instel, en ons het jou hulp nodig. Voeg jou naam by die klag wat aan die Universiteit se bestuur gestuur gaan word.

Nog nie ‘n lid van Solidariteit. Sluit vandag aan:
  • 167
  •  
  •  
  •  
  •  

Registreer / Register

Maak toe / Close