Solidariteit ledegeld vir 2020 :
Individuele lede – R146 p.m.
Kollekteiwe lede – R143 p.m.
Mense betaal honderde rande per maand vir korttermynversekering. Dit is vir ingeval jy die dag in ʼn ongeluk beland of iets word gesteel. Jy benodig dit nie elke dag nie en tog het jy dit, want jy kan nie bekostig om daarsonder te wees nie. Is jou werk nie belangriker as 'n TV-stel of selfoon nie?
Daar is baie dinge wat elke dag in die werkplek gebeur waarvoor werknemers dikwels skielik arbeidsregsadvies benodig. Solidariteit het die grootste arbeidsregspraktyk in Suid-Afrika met drie gespesialiseerde afdelings.
Solidariteit streef daarna om Suid-Afrika se werkplekke gesonder en veiliger te maak. Solidariteit het ʼn gespesialiseerde afdeling wat werknemers wat aan diens beseer word of 'n beroepsiekte opdoen bystaan met die eis proses by die Vergoedingskommissaris. Die afdeling ondersoek talle gevalle waar ongelukke wel in by die werkplek plaasvind en maak voorstelle om veiligheidsrisiko’s te verminder. Solidariteit se algemene litigasie- en arbeidshofafdelings hanteer op enige gegewe tydstip tot soveel as 2 500 sake namens beide individuele en kollektiewe lede. Die algemeenste navrae en sake waarby die vakbond betrokke raak is by sake van onbillike regstellendeaksie en diskriminasie, dissiplinêre verhore en sake van onbillike ontslag, afleggings en die verskaffing van arbeidsregsadvies oor basiese diensvoorwaardes.
- Kollektiewe lede
Werknemers wat by groot maatskappye werk waar Solidariteit reeds ʼn kollektiewe ooreenkoms het, of by maatskappye wat in groepverband bedien word en deur Solidariteit as kollektief geag word. Kollektiewe lede se vakbondlidmaatskapfooi word direk deur die werkgewer van hulle salarisse afgetrek en aan Solidariteit oorbetaal.
- Individuele lede
Solidariteit is die enigste vakbond in Suid-Afrika wat ʼn toegewyde afdeling vir individuele lede het. Individuele lede is werknemers wat by maatskappye werk waar Solidariteit nie ʼn erkenningsooreenkoms het nie en lede nie in groepverband bedien word nie. Individuele lede se vakbondlidmaatskapfooi word per debietorder, direk van die werknemer se bankrekening afgetrek.
ʼn Lid van Solidariteit is deel van ʼn baie groter NetWerk van werk. Dit is baie groter as net ʼn tradisionele vakbond omdat jy toegang tot soveel meer voordele en beskerming geniet.
By Solidariteit word daar met ywer gewerk en gedroom om die geleenthede vir opleiding selfs verder uit te brei. As deel van die jaarlikse ledegeldverhoging vir Solidariteit-lede is daar ʼn spesifieke fokus op die befondsing van opleidingsinisiatiewe en beursfondse geplaas.
Die Lidmaatskapfooi vir kollektiewe lede word direk deur werkgewers van die werknemers se salarisse verhaal. Die lidmaatskapfooi vir individuele lede word per debietorder, direk van die lid se bankrekening verhaal en beloop.
Die kansellering van Solidariteit-lidmaatskap is onderhewig aan 30 dae skriftelike kennisgewing wat regstreeks aan die vakbond gestuur moet word. kansellasies@solidariteit.co.za