BEL ONS: 012 644 4300
Werk

Vakante Poste – Miernes

Die Solidariteit Beweging se intranet

Akademia | Internskap: Korporatiewe Kommunikasie | Centurion

Akademia is 'n geregistreerde privaat hoëronderwysinstelling in Centurion geleë. Akademia het 'n internskap beskikbaar vir die tydperk vanaf 1 September tot 31 Desember 2020 vir 'n kandidaat wat graag ervaring in korporatiewe kommunikasie wil opdoen. Om te kwalifiseer word 'n baccalaureusgraad in kommunikasie­bestuur en/of joernalistiek en/of mediaskakeling vereis, terwyl 'n honneursgraad in die kandidate se […]
Author: Michelle Olivier
Posted: August 13, 2020, 6:00 am

Akademia | Bibliotekaris | Centurion

Die bibliotekaris sal verantwoordelik wees vir onder andere studente­ondersteuning met betrekking tot biblioteekbronne en navorsingsdatabasisse, effektiewe bedryf van biblioteek­dienste op administratiewe ondersteuningstelsels, instandhouding van die biblioteek se databasisse en bronne, die uittekening van boeke en bronne en monitering daarvan, die handhawing van dissipline binne die biblioteek, en skakeling met akademiese personeel en studente. Die kandidaat […]
Author: Michelle Olivier
Posted: August 12, 2020, 6:13 am

AfriForum: Proefleser – Taalburo

Die pos is in Kloofsig, Centurion, gebaseer. Om daarvoor in aanmerking te kom, benodig jy ’n BA-graad of soortgelyke NKR-kwalifikasie in taalpraktyk of ’n verwante veld soos joernalistiek of korporatiewe kommunikasie. Jy benodig ook minstens drie tot vyf jaar proefleeservaring in die korporatiewe omgewing of gedrukte en digitale media. Ervaring in taalpraktyk sal in jou […]
Author: Mienke
Posted: August 11, 2020, 9:32 am

AfriForum: Joernalis/Fotograaf

Die pos is in Kloofsig, Centurion, gebaseer en om daarvoor in aanmerking te kom, benodig jy: ’n B-graad of soortgelyke NQF-kwalifikasie in joernalistiek, mediastudies of kommunikasie; minstens vyf jaar se ondervinding in die joernalistiek. Die kandidaat moet ook foto’s van goeie gehalte kan neem en verkieslik oor eie toerusting beskik. Die kandidaat moet oor ’n […]
Author: Mienke
Posted: August 11, 2020, 9:31 am

AfriForum: Bemarkingsbeampte

Hierdie pos is ’n permanente pos en is in Kloofsig, Centurion gebaseer. AfriForum is op soek na ’n bemarkingsbeampte wat verantwoordelik sal wees vir: die koördinering van bemarkingsaktiwiteite vir AfriForum; die verteenwoordiging van die organisasie by bemarkingsgeleenthede; die hantering van interne en eksterne kommunikasie; en bewusmaking onder die publiek van die werk wat die organisasie […]
Author: Mienke
Posted: August 11, 2020, 9:28 am

Saai: Administratiewe Beampte

Saai is ’n landbou-organisasie wat sigself verbind tot die beskerming en bevordering van die regte, waardes, ideale en behoeftes van familieboere in die primêreproduksiesektor. Die pos is in Kloofsig, Centurion, gebaseer. Om in aanmerking te kom, benodig jy ’n senior sertifikaat, terwyl ’n Nasionale Diploma in Administrasie in jou guns sal tel asook twee tot […]
Author: Mienke
Posted: August 11, 2020, 9:18 am

Sol-Tech Lektorassistent: Elektries

Sol-Tech Lektorassistent: Elektries Die tydelike pos is gebaseer in Kirkney, Pretoria. Om te kwalifiseer benodig jy by voorkeur 'n rooiseëlsertifikaat as meulmaker of elektrisiën. Wiskunde, Ingenieurswetenskap, Elektrovakteorie en Industriële Elektronika as geslaagde vakke is ’n voorvereiste vir die pos. Ondervinding van ten minste twee jaar in die bedryf ná die voltooiing van 'n artikel 13-rooiseël, […]
Author: Reinhard Pretorius
Posted: August 6, 2020, 2:21 pm

Akademia | Voltydse dosent in Politiek en Internasionale Verhoudinge | Centurion

Akademia is 'n private hoëronderwysinstelling in Centurion en het tans 'n voltydse pos vir 'n dosent in voorgraadse Politiek en Internasionale Verhoudinge beskikbaar. Om vir die pos te kwalifiseer moet 'n kandidaat oor goeie taalvermoë in akademiese Afrikaans beskik, ten minste drie jaar ervaring in hoër onderwys hê, en oor 'n meestersgraad in Politiek, Internasionale […]
Author: Michelle Olivier
Posted: August 4, 2020, 12:52 pm

AKADEMIA | VOLTYDSE DOSENT IN KOMMUNIKASIESTUDIES: CENTURION

Akademia is 'n private hoëronderwysinstelling in Centurion en het tans 'n voltydse pos vir 'n dosent in Kommunikasiestudies beskikbaar. Om vir die pos in aanmerking te kom moet die kandidaat beskik oor 'n honneursgraad in Kommunikasiestudies of verwante dissipline, terwyl 'n meestersgraad tot die kandidaat se voordeel sal strek. Verdere voorvereistes vir die posisie sluit […]
Author: Michelle Olivier
Posted: July 29, 2020, 10:08 am

AKADEMIA | VOLTYDSE DOSENT IN JOERNALISTIEK: CENTURION

Akademia is 'n private hoëronderwysinstelling in Centurion en het tans 'n voltydse pos vir 'n dosent in Joernalistiek beskikbaar. Om vir die pos in aanmerking te kom moet die kandidaat beskik oor 'n honneursgraad in Joernalistiek, Mediastudies of verwante dissipline. 'n Meestersgraad in Joernalistiek, Mediastudies of verwante dissipline sal in die kandidaat se guns tel. […]
Author: Michelle Olivier
Posted: July 29, 2020, 10:07 am
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  

Registreer / Register

Maak toe / Close