• Teken
    asseblief in

  • 970x300-banier-wet-op-rassisme

    Wet op rassisme moet daarop ingestel wees om kwesbare mense te beskerm

    Die vakbond Solidariteit het op Donderdag 17 November 2016 tydens ’n toeligtingsessie by sy hoofkantoor kommentaar gelewer op die Wetsontwerp op die Voorkoming en Bestryding van Haatmisdade en Haatspraak.

    Dit volg nadat die kabinet tydens ʼn kabinetsvergadering in Oktober 2016 die wetsontwerp vir openbare kommentaar goedgekeur het.

    As deel van die kommentaar wat Solidariteit lewer op die wetsontwerp word dit benadruk dat die staat as ondertekenaar van die Verenigde Nasies (VN) se International Convention on the Elimination of all Forms of Racial Discrimination (CERD) aan dié konvensie se vereistes moet voldoen. Volgens die konvensie rus daar ’n swaarder verpligting op staatsamptenare, politici, joernaliste en persone in magsposisies om nie haatmisdade en haatspraak te pleeg nie en derhalwe behoort hulle ook ʼn swaarder straf opgelê te word as ʼn haatmisdaad of haatspraak wel gepleeg word.

    Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, sê: “Ons kritiek op die wetsontwerp is juis dat dit nie aan die konvensie se vereistes voldoen nie. Daarbenewens moet so ’n wet eerder daarop gemik wees om kwesbare mense te beskerm,” sê Hermann.

    Hermann voer verder aan dat John Jeffery, adjunkminister van justisie, se uitsprake wat hy vroeër vanjaar by die VN se komitee oor die uitwissing van rassediskriminasie (CERD) gemaak het, die doel van so ’n wet bevraagteken.

    Punte wat deur Solidariteit uitgelig en bekendgestel is, sluit in:

    SMS WEG na 34802 en laat jou stem hoor.

    Solidariteit het ook sy kommentaar gelewer oor hoe die wetsontwerp eerder geskryf of aangepas behoort te word.

    As John Jeffery ernstig is oor die voorgestelde wet, sal hy hierdie werknemer summier afdank om dubbelstandaarde uit die weg te ruim. Stem jy saam?

    •  
    •  
    •  
    •  
    •  
    Top

    Registreer / Register

    Maak toe / Close