Solidariteit is jou bondgenoot, as’t ware jou ouer broer, in die werkplek – die een wat al sedert 1902 sy lede teen uitbuiting in die werkplek beskerm; die een wat selfs vir jou as professionele individu werksekerheid skep.
Solidariteit se sukses lê in ’n totale netwerk van werk in kort, ’n Solidariteit NetWerk. Dit is verskillende werkinstellings wat Solidariteit die afgelope 20 jaar gebou het wat aan mekaar gekoppel is om die totale werkspad met ’n lid te stap.
Die krag van die NetWerk lê daarin dat die verskillende instellings en funksies van die NetWerk mekaar onderling versterk. Die som van die NetWerk is dus groter as sy dele.
Solidariteit bied tans ’n betroubare diens aan nagenoeg 140 000 lede in alle beroepsvelde, kollektief en professioneel, en het die passie en kennis om na die belange van sy lede om te sien en te verseker dat hulle regte in die werkplek beskerm word. Die vakbond het meer as 20 kantore landwyd en lede word deur meer as 300 personeellede en 1 275 vakbondverteenwoordigers in duisende maatskappye bedien.
Agtergrond
Die Solidariteit van vandag het reeds op 22 Junie 1902 ontstaan toe die Transvaal Miners’ Association gestig is. Solidariteit het dus meer as 110 jaar ondervinding in Suid-Afrika se arbeidsmark.
Die vakbond het in sy 110-jarige bestaan vier groot veranderings ondergaan. Baie Suid-Afrikaners sal meer bekend wees met die Mynwerkersunie, oftewel die MWU. In 1913 is die Transvaal Miners’ Association se naam na die MWU verander. In 2001 is die MWU na MWU-Solidariteit verander en sedert 2002 staan die vakbond net as Solidariteit bekend.
![]() |
Die Solidariteit van vandag kom van ver en het op 22 Junie 1902 ontstaan toe die Transvaal Miners’ Association gestig is. Met 110 jaar se ervaring in die Suid-Afrikaanse arbeidsmark op sy kerfstok is Solidariteit selfs ouer as die regerende party, die ANC. |
![]() |
Laat jou stem hoor ... AfriForum is 'n moderne burgerregte-organisasie wat daagliks die regte en belange van landsburgers beskerm. AfriForum eis die regte van sy lede en hul gemeenskappe op deur middel van sy gemeenskapstrukture en deur gebruikmaking van toepaslike wetgewing. |
![]() |
Solidariteit Helpende Hand, 'n onafhanklike artikel 21-maatskappy, is Solidariteit se gemeenskapsinisiatief wat hom vir die opheffing van die gemeenskap beywer. Solidariteit Helpende Hand glo dat opleiding die beste manier bied waarop die gemeenskap opgehef kan word. |
![]() |
Sol-Tech lei studente in ambagte op. Die instelling is as 'n instelling vir verdere onderwys en opleiding geregistreer en is by die tersaaklike Setas geregistreer. Sol-Tech fokus daarop om opleiding in skaars en kritieke vaardighede aan studente te bied. |
![]() |
Die Solidariteit Beleggingsmaatskappy (SBM) bestuur Solidariteit se besigheidsafdeling en word ten volle deur die vakbond besit. SBM se doel is om bykomende dienste aan lede te verskaf en om kapitaal te skep om ons lededienste verder te verbeter. |
![]() |
Akademia is 'n niewinsgewende hoëronderwysinstelling wat aan studente die geleentheid bied om 'n bedryfsrelevante kwalifikasie te verwerf deur middel van interaktiewe na-uurse klasse in Afrikaans by studiesentrums landwyd, en een in Namibië. |
![]() |
Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) is die oudste sambreelorganisasie en leier van kultuurverenigings. Die FAK is nie slegs 'n koördineerder van kultuurverenigings nie, maar bied 'n tuiste en sin van samehorigheid aan die ganse Afrikaanse gemeenskap. |
![]() |
Kraal Uitgewers is 'n gespesialiseerde uitgewery wat hoofsaaklik op die publikasie van gehalteboeke oor die Suid-Afrikaanse geskiedenis fokus. Kraal publiseer ook werke wat die geskiedenis vernuwe en standpunt inneem oor aktuele kwessies in Suid-Afrika. |
![]() |
Maroela Media is 'n Afrikaanse eenstop-internetkuierplek wat besoekers op hoogte hou van wat in die wêreld – en spesifiek in die wêreld van Afrikaans – aan’t gebeur is. Hier kry jy ook 'n kykie in die gedagtes en gesprekke van Afrikaanssprekende meningsvormers. |
![]() |
S-Leer is 'n gehalte Afrikaanse opleidingsentrum van die Solidariteit Beweging. Hulle bemagtig professionele persone met CPD–punte (voortgesette professionele ontwikkeling) en persoonlike ontwikkeling wat jou in staat stel om jou loopbaandoelwitte te bereik. |