Nuus:
Kuberunie:
Solidariteit Blog:
- SelfdissiplineDaar word gesê dat selfdissipline amper onontbeerlik is op die pad na sukses. Op die ou end is dit tóg die moeite werd om jou bes te gee. Daar is hoegenaamd geen maklike manier om bo uit te kom nie. … Continue reading → […]Carina Bester
- “Ek weet nie, kom ons Google dit”Winter is nou behoorlik hier en net deur te luister in die gange by die werk kan jy hoor dit is weer die tyd van die jaar wat meeste mense griep of verkoue het. Dis ʼn hoes hier en ʼn … Continue reading → […]Cilleste van der Walt
- DANKIE REGERING!Ons as Blanke minderheid beleef daagliks druk en bedreiging. Daar is onder andere politieke, ekonomiese, kulturele en emosionele druk wat ons moet verduur. Ek wonder gereeld wat ons elke dag hiermee doen, hoe ons dit hanteer en hoe ons toekoms … Continue reading → […]Nicolien Welthagen
- Onteieningswetgewing sal ons van ons regte as hardwerkende, belastingbetalende landburgers ontneemEk kyk gisteraand, tot my groot ontsteltenis, ʼn uitsending van Freek Robinson se Robinson Regstreeks op Kyknet. Tydens gisteraand se program het Robinson met Cornelius Janse van Rensburg van Afrisake … Continue reading → […]Inge Strydom
Solidariteit
- Arbeidsminister se ingryping verwelkom, maar groter kopskuif is nodig ... 5 hours ago
- Internasionale nuus ... 9 hours ago
- Belastings, belonings en BMW’s ... 9 hours ago
- Wees waaksaam met jou wagwoorde ... 10 hours ago
- Staatsdiens oorweeg om kindersorgfasiliteite te verskaf ... 10 hours ago
Solidariteit glo dat instellings geskep moet word waardeur sy lede en hulle gemeenskappe kan lewe. Die Solidariteit-vakbond is steeds die lokomotief van die Beweging, maar verskeie ander instellings maak van ons ʼn sterk trein. Die volgende instellings is deel van die Solidariteit Beweging:

Solidariteit
Die Solidariteit van vandag het reeds op 22 Junie 1902 ontstaan toe die Transvaal Miners’ Association gestig is.
Met 110 jaar se ervaring in die Suid-Afrikaanse arbeidsmark is Solidariteit selfs ouer is as die regerende party, die ANC.

AfriForum
Laat jou stem hoor …
AfriForum is ʼn burgerregte-organisasie. Die hooftaak van AfriForum is om die burgerregte van sy lede en hulle gemeenskappe te beskerm. Dit word gedoen deur regte op te eis en regte te beskerm. Dit word nie net in die howe gedoen nie maar ook deur strukture in gemeenskappe te vestig.
AfriForum is ʼn burgerregte-organisasie. Die hooftaak van AfriForum is om die burgerregte van sy lede en hulle gemeenskappe te beskerm. Dit word gedoen deur regte op te eis en regte te beskerm. Dit word nie net in die howe gedoen nie maar ook deur strukture in gemeenskappe te vestig.

AfriForum Jeug
Laat jou stem hoor …
AfriForum Jeug is die amptelike jeugafdeling van AfriForum, die burgerregte-inisiatief wat deur Solidariteit gestig is.
AfriForum Jeug is die amptelike jeugafdeling van AfriForum, die burgerregte-inisiatief wat deur Solidariteit gestig is.

Akademia
Akademia, ʼn inisiatief van die Solidariteit Beweging, is ʼn splinternuwe privaat Afrikaanse afstandonderwysinstelling wat
hoëronderwys-kwalifikasies van gehalte teen 30% tot 50% goedkoper as die res van die mark bied.By Akademia kan studente hulle
nauurs bekwaam in skaars beroepsrigtings en hulle indiensneembaar maak in ʼn groeiende ekonomie

FAK
Die Federasie van Afrikaanse Kultuurverenigings (FAK) is die oudste sambreelorganisasie van kultuurverenigings
wat nou al vir dekades lank ‘n leidinggewende rol op kultuur- en taalgebied speel. Die FAK se rol was die koördinering
van kultuurverenigings, en dien as ‘n nasionale knooppunt en ‘n dink- en doen netwerk vir die Afrikaanse kultuurgemeenskap.

Groeifonds
Elke lid van die vakbond Solidariteit dra elke maand R11 tot die Solidariteit Groeifonds by. Ander individue
dra ook tot die fonds by. Die fonds finansier ontwikkelingsprojekte van die Solidariteit Beweging. Die vestiging
van Sol-Tech is grotendeels moontlik gemaak deur die Solidariteit Groeifonds. Die Groeifonds gaan ook baie ondersteuning
gee aan die bou van Die Kampus.

Helpende Hand
Solidariteit Helpende Hand is ʼn gemeenskapsinisiatief wat fokus op opheffing deur middel van opleiding as kernfaktor.
Dit word gedoen deur die aanspreek van geestelike, kulturele en maatskaplike nood. Helpende Hand funksioneer binne Solidariteit
as ʼn onafhanklike artikel 21-maatskappy wat sy eie fondse genereer.

Kraal Uitgewers
Die teleurstellende belangstelling van die algemene publiek tydens die 100-jarige herdenking in 1999 van die Anglo-Boereoorlog (ABO) het daartoe gelei dat Kraal-Uitgewers gestig is. Kraal-Uitgewers se boeke oor die ABO is ‘n liefdestaak wat die reëls van die uitgewersbedryf omverwerp tot voordeel van daardie klein groepie persone wat die belangrikheid van die gebeurtenisse van ‘n eeu gelede nie net besef nie, maar die insig en kennis rakende die ABO wil bevorder.

Maroela Media
Maroela Media is ’n internetkuierplek, trots en onbeskaamd Afrikaans. Maroela hou besoekers in pas
met wat in die wêreld gebeur, gee hulle ʼn kykie in wat in die gedagtes en gesprekke van Afrikaanssprekende
meningsvormers aangaan, en bied hulle die geleentheid om hul eie stem te laat hoor. Dis ʼn eenstop-kuierplek
wat besoekers op hoogte hou van wat in die wêreld van Afrikaans aanʼt gebeur is, van kunstefeeste en teaters
tot nuwe Afrikaanse musiek, boeke en films.

Solidariteit Beleggingsmaatskappy
Hierdie maatskappy bestuur Solidariteit se besigheidsafdeling, en word 100% deur die
vakbond besit. SBM se doel is om bykomende dienste aan lede te bied en om kapitaal te skep om ons lededienste verder te verbeter.

Sol-tech
Sol-Tech lei studente in ambagte op. Die instelling is geregistreer as ʼn instelling vir verdere
onderwys en opleiding en is by die tersaaklike Setas geregistreer. Sol-Tech fokus daarop om studente
in skaars en kritieke vaardighede op te lei.

SNI
Die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) is ʼn navorsingsinstelling en denksentrum van Solidariteit
wat fokus op die formulering en bevordering van openbare beleid.





