logomobile logo

Aanlyn werkgemeenskap

Solidariteit – die boeremark van werk

Solidariteit bied 'n aanlyn werkgemeenskap waar jy toegang kry tot alles wat met jou werk te make het. Dit is soos ʼn boeremark, maar vir werk. Hier kom mense bymekaar deur tegnologie.
Homepage imageHomepage image

Hoe om jou aanlyn werkgemeenskap te gebruik?

Hoekom moet jy 'n profiel skep?

Ons stap die volle loopbaanpad saam met jou

Solidariteit stap die totale loopbaanpad saam met jou, van skool tot jou eerste werk as jong werkende, en dan nog verder tot waar jy jouself vandag in die werkplek bevind. Dit is ʼn ondersteuningsnetwerk en helpmekaargemeenskap wat jy moet ontgin.
Ons beskerm jou in die werkplek

Met Solidariteit aan jou kant het jy die beste moontlike diensvoorwaardes en voordele. Beskerm jouself ook in die werkplek met gratis arbeidshulp en regsadvies.
Ons bring werkgewers en werksoekers bymekaar

Solidariteit bied werkfasilitering waar die gemeenskap mekaar kan help met werk. Hier kan jy jou CV oplaai en binne minute aansoek doen vir werk of kandidate soek vir ’n pos.
Staatsinstellings
Ons help jou om jouself te help deur voortgesette leer

Solidariteit help jou om jou volle potensiaal te bereik deur lewenslange leer in die gemak van jou eie huis of kantoor. Lede van Solidariteit verkry gratis toegang tot byna ʼn 100 aanlyn kursusse!
Ons bied vir jou beroepsgeleenthede

Solidariteit se beroepsnetwerke is gemeenskappe waar jy tuis kan voel in jou beroep, met ander kundiges kan netwerk en ʼn verskil kan maak vir die volgende generasie.
Ons help skoliere om hul volle potensiaal te bereik

Bou lewenslange bande en gee jouself die beste kans op sukses deur gebruik te maak van Solidariteit se loopbaanvoorligting, vakkeuses en My Hoërskoolpad-aanbiedinge. Dit sluit ook studieondersteuning in.
Beroepsgesondheid en -veiligheid
Ons help studente om uit te staan in die werkplek

Vind #JouStem, bemeester #JouStudie en wees voorbereid vir #JouWerk saam met Solidariteit. Wees ingelig oor skaduwerkgeleenthede en studieondersteuning.
Die Studeerkamer

Die Studeerkamer is ʼn gratis skatkis van hulpbronne om jou in jou lewe, werk en studie te bemagtig. Hier sal jy gidse, template en insiggewende videoreekse vind, soos die CV-gids en onderhoudgids.
Staatsinstellings

SOLIDARITEIT

AANLYN
WERKGEMEENSKAP

KYK HIER VIR DIE VIDEO

Gereelde navrae