logomobile logo

Volledige aanbod van Solidariteit-lidmaatskap

Solidariteit-lede kan deur die maandelikse betaling van ledegeld ʼn reeks voordele geniet. Alle voordele is onderhewig aan Solidariteit se bepalings en voorwaardes.
Raak betrokke
voordele-hero-imagevoordele-hero-image
Werkbeskerming
Solidariteit bied arbeidsregsadvies en verteenwoordiging asook arbeidsverhoudingedienste en kollektiewe bedinging waar daar erkenningsooreenkomste is.
Beroepsgesondheid en -veiligheid
Solidariteit bied bystand met eise vir beroepsbeserings.
Bystand vir permanente mediese ongeskiktheid
ʼn Eenmalige bedrag vir permanente mediese ongeskiktheid in die algehele arbeidsmark is betaalbaar aan lede met 12 maande ononderbroke lidmaatskap van Solidariteit. Alle eise moet binne ses maande vanaf die datum waarop permanente mediese ongeskiktheid vasgestel is, ingedien word.
Staatsinstellings
Voortgesette leer
Bereik jou volle potensiaal deur voortgesette leer. Ontvang gratis opleiding deur Solidariteit.
Werkfasilitering
Op Solidariteit kan jy gratis en vinnig aansoek doen vir vakante poste. Jy kan ook as organisasie ʼn profiel skep en jou beskikbare poste op ʼn wêreldklasstelsel adverteer.
Beroepsnetwerke
Neem deel aan ʼn netwerk vir jou spesifieke beroep – gesels saam, woon geleenthede by en ontvang groot afslag op opleidingskursusse.
Beroepsgesondheid en -veiligheid
Vakkeuses
Kies jou skoolvakke met die hulp van Solidariteit Jeug om die regte keuses vir jou loopbaan te maak.
Begrafnisbystand
Solidariteit-lede wat daarvoor kwalifiseer*, ontvang omvattende begrafnisbystand wat sy/haar gade of benoemde lewensmaat en afhanklike kinders van jonger as 21 jaar insluit. Persone wat met aansluiting 50 jaar of ouer is en wat nie by ʼn kollektiewe maatskappy werksaam is nie, kwalifiseer nie vir hierdie bystand nie.
Bevallingsbystand
Bevallingsbystand word per kind aan vroulike lede met 12 maande se ononderbroke lidmaatskap van Solidariteit betaal.
Staatsinstellings
Vakansievoordeel
Alle volopbetaalde Solidariteit-lede kry 20%-afslag by ons uitgesoekte ontspanningsoord, Kokoriba.
Opstel van testamente
Testamente word gratis vir lede opgestel en bewaar.
Staatsinstellings