Wat is nuut op Solidariteit?
Solidariteit is konstant besig om veranderinge aan te bring om die aanlyn gemeenskap meer gebruikersvriendelik te maak.


Bekendstellingsnotas vir Maart - April 2026
Tegniese veranderinge:
UAT-veranderinge:
UI-veranderinge: <
Algemene veranderinge:
- Die bron van Solidariteit-aanlyn se data is vanaf CDB na Solidariteit-aanlyn verskuif vir die HubSpot “proof of concept” (POC).
- Klikgebeurtenisse op nuusvoerplasings is geskei en lêername vir aflaai doeleindes word nou aangeteken.
- Produksiedata word nou na die CohesionX Search API-eindpunt gestuur.
- Die werking van die Hulp-blad is geoptimaliseer.
- CV's is na die CohesionX-databasis gekopieer.
- Kletsbot-funksies is met Solidariteit-aanlyn geïntegreer.
- ʼn Aktiewe kletsvenster met kletsborrels en antwoordknoppies is geïmplementeer.
- Die integrasie van KI met Global Search vir data-indiening en data-herwinning is voltooi.
- ʼn “Proof of concept” vir Pintura is ondersoek.
- PHPStan Vlak 1 is vir April geïmplementeer.
- Spatie Image Optimiser is geïmplementeer.
- Fotoplasings kan nou ingedien en op die nuusvoer, profiel en volbladsy vertoon word.
- Die rapportering van fotoplasings is geaktiveer.
- Nuwe opsies vir adresverwerking is ondersoek.
- Die moontlikheid om kennisgewings as ʼn lewendige komponent te implementeer, is ondersoek.
UAT-veranderinge:
- Die roetering van “terug”-knoppies op gebruikersprofiele verbeter.
- Teksgroottes vir plasingstekskomponente is reggestel.
- Nielede kan nou Aanlyn regshulp toets om die funksionaliteit daarvan te ervaar.
- Toegangspunte na KI-kletsbotte is bygevoeg.
- ʼn Geskiedenisvenster vir gesprekke is geskep.
- Die kansellasieskerm vir gebruikers wat nie hul registrasie voltooi nie se bewoording is hersien.
- Besigheidsreëls vir posbenaminge en gebruikersprivaatheid is geïmplementeer.
- Daar kan nou op gebruikersname en avatars op groepplasings geklik word.
- Taalopdaterings vir administrateur-uitnodigings is aangebring en van- en e-posvelde is bygevoeg.
- Teksplasings in groepe word nou vir nie-groeplede versteek.
- Die mobiele weergawe van die kletsbot se vrywaring is verbeter.
- Ikone vir Leer-kursusliggings word nou dinamies aangedryf.
- ʼn Fout waar werkplasingskakels ʼn 403-fout teruggestuur het, is reggestel.
- Taal- en soekbalkverbeterings op Leer en profiele is aangebring.
- ʼn Oorsigblad vir Werk is bygevoeg.
- ʼn Oorsigblad vir regsadvies is ontwikkel om meer lidmaatskapwaarde te bied.
- Verbeterings aan die kletsbot is voor implementering aangebring.
- Plekhouerteks vir langvormvelde in werkplasings is bygevoeg.
- UI/UX-konsekwentheid en bruikbaarheid is voor implementering verbeter.
- Gebruikers kan nou na ʼn afdeling se oorsigblad navigeer deur op ʼn item in ʼn ingeslote kieslys te klik.
- Die Regshulp-oorsigblad is voor implementering opgedateer.
- Die “Lekker”-knoppie bly nou aktief nadat dit geklik is.
- Die aansig van die aansoekproses is verbeter.
- Geldigheidssteks op die profielafdeling is konsekwent gemaak.
- Verskille in “likes” tussen plasings op die nuusvoer en oorspronklike groepplasings is reggestel.
- Die volgorde van teks en foto's op fotoplasings is verbeter.
UI-veranderinge: <
- “Die blad bestaan nie”-skerm is herontwerp.
- Die minimum en maksimum aantal belangstellings en vaardighede wat by ʼn profiel gevoeg kan word, is ondersoek.
Algemene veranderinge:
- Voorstel-aanwysings vir Kletsbot is geskep.
- Voorstel-aanwysings vir Aanlyn regshulp is geskep.
- Wolkskool SSO is geïntegreer.
- Outomatiese indiening van registrasies op Solidariteit-aanlyn na HubSpot is geïmplementeer.
- Gebruikers kan nou fotoplasings deel om beter met hul netwerk te kommunikeer.
- Groepadministrateurs se veranderinge aan groepinligting word nou in die aktiwiteitsgeskiedenis aangeteken.
- Leer-kursusse kan nou volgens “tags” gesoek word.
- Klikgebeurtenisse vir kletsbotmetings, die Student-oorsigblad en Leer-kursusse word nou aangeteken.
Bekendstellingsnotas vir November 2025
Bekendstellingsnotas vir September 2025
Bekendstellingsnotas vir Augustus 2025
Bekendstellingsnotas vir Julie 2025
Bekendstellingsnotas vir Junie 2025
Bekendstellingsnotas vir Mei 2025
Bekendstellingsnotas vir Maart en April 2025
Desember 2024 en Februarie 2025 Bekendstellingsnotas
November 2024 Bekendstellingsnotas
Oktober 2024 Bekendstellingsnotas
September 2024 Bekendstellingsnotas
Augustus 2024 Bekendstellingsnotas
Julie 2024 Bekendstellingsnotas
Junie 2024 Bekendstellingsnotas
Mei 2024 Bekendstellingsnotas
April 2024 Bekendstellingsnotas
Maart 2024 Bekendstellingsnotas
Februarie 2024 Bekendstellingsnotas
Desember 2023 Bekendstellingsnotas
November 2023 Bekendstellingsnotas
Oktober 2023 Bekendstellingsnotas
September 2023 Bekendstellingsnotas
Kontak ons
Bly op hoogte van Solidariteit se nuus
