Staatsinstellings


Solidariteit is bewus van ons mense se toenemende frustrasie oor die vlakke van korrupsie en wanbesteding, veral by staatsinstellings soos Eskom en Denel, maar ook by verskeie staatsdepartemente soos die Departement van Gesondheid se volgehoue pogings om Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) ʼn ondenkbare realiteit te maak. Solidariteit plaas volgehoue druk op die owerhede om in die beste belang van alle Suid-Afrikaners op te tree.
Nuutste veldtog
Geen veldtogte tans gevind
Solidariteit wen saak oor geld vir studie namens SAPD-lid
Geregtigheid het geskied vir ʼn lid van Solidariteit wie se salaris wederregtelik deur haar werkgewer verminder is ná sy suksesvol om ʼn kontantbonus aansoek gedoen het. Brigadier D.C. Mqoni het op grond van ʼn kontantbonusstruktuur in die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), waarmee personeel aangemoedig word om verdere kwalifikasies te verwerf, vir ʼn kontantuitbetaling aansoek gedoen. Dit was nadat sy ʼn nagraadse diploma in openbare administrasie verwerf het. Haar aansoek is goedgekeur en sy het ʼn bedrag van ongeveer R17 600 daarvoor ontvang, aangesien sy reeds die diploma voltooi het. Ondanks vertoë het die SAPD gedurende Junie 2024 begin om hierdie bonusse van die amptenare se salarisse te verhaal.

SAPD-lid ontvang ses maande se salaris en voordele ná twis oor bevordering
Solidariteit het nóg ʼn groot oorwinning behaal in die saak van luitenant kolonel Anelda Badenhorst teen die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD). Die saak het gevolg ná Badenhorst op ʼn onbillike wyse oor die hoof gesien is vir die bevordering van haar posisie as kaptein na ʼn luitenant kolonel. Volgens Badenhorst is sy nie bevorder nie nadat sy duidelik die beste kandidaat vir die pos was. Tydens arbitrasie het dit duidelik geword dat die SAPD kwaadwillig opgetree het deur die puntetoekenning tydens die aanstellingsproses te manipuleer en dat die SAPD nie sy eie nasionale instruksie ten opsigte van bevorderingsprosesse behoorlik gevolg het nie.

Vorige veldtog
Geen veldtogte tans gevind
Dr. Dirk Hermann