#JouStudie
Solidariteit help jou om jou volle potensiaal te bereik deur jou met die nodige kennis en vaardighede te bemagtig om jou studie met gemak aan te pak!
Wat behels #JouStudie?
Eksamenbeplanner
Dit is ’n eenbladsy-templaat wat jy per week kan gebruik om jou akademiese werk te organiseer. Op hierdie templaat kan jy presies sien waarby jy per week moet uitkom, watter werk jy moet leer, aan watter opdragte jy moet aandag gee en so meer.
Produktiwiteitstemplaat
Daar is ʼn verskil tussen om besig te wees en om produktief te wees. ʼn Mens kan besig wees sonder om regtig enige iets gedoen te kry. Wanneer ʼn mens jou take reg prioritiseer, kan jy baie minder gejaagd lewe. Hierdie produktiwiteitstemplaat help jou om te onderskei tussen die dringende dinge wat jy moet doen en die belangrike dinge wat jy moet doen. Ja, daar is ʼn verskil. Laai dié templaat af en beplan jou dae om produktief te wees.
Studieondersteuning
Om te kan studeer, sluit deure na jou toekoms oop. ʼn Gebrek aan befondsing behoort nie in jou pad te staan om hierdie deure oop te sluit nie. Ons het vir jou ʼn omvattende opsomming gemaak van beurse en lenings waarvoor jy kan aansoek doen om jou studie te befonds.
Hoe kan ek betrokke raak?
Skep ʼn profiel
Voltooi jou inligting deur die “kaarte” in te vul
Word deel van die Studentelewe