logomobile logo

#JouWerk

Berei saam met Solidariteit voor vir die pad van studentwees na jong werkende!
#JouWerk-hero-image#JouWerk-hero-image

Wat behels #JouWerk?

Student tot meester

Die student tot meester-netwerkgeleentheid bied ʼn platform waar studente in ʼn bepaalde studierigting die geleentheid kry om met ʼn meester, of spesialis wat reeds in ʼn beroep in hulle studierigting staan, te gesels. Dit gee jou as student eksklusiewe toegang tot kennis wat selfs mense met jare se ervaring wens hulle gehad het.

Skaduwerk

Hoe kan ʼn student hom- of haarself onderskei van al hul medestudente wat met ʼn identiese kwalifikasie wegstap? Skaduwerk maak juis daardie onderskeid moontlik. Dit verseker dat die student ʼn redelike idee het van hoe dinge in praktyk lyk, van wat om te verwag en waarna hulle moontlik op die uitkyk moet wees in ʼn toekomstige werk.

Onderhoudegids

Hierdie gids sal jou help om vir jou eerste onderhoud voor te berei. Dit sluit in die moets en moenies, die vrae wat jy nie moet vra nie, hoe om vir terugvoer te vra en selfs hoe om teleurstelling te hanteer.

CV (advies en gids)

Advies: Sodra jy vir die Studente-aanbod registreer, kry jy toegang tot ons CV-kenners. Stuur jou CV na hulle en hulle sal vir jou terugvoer gee oor jou CV en jou help om jouself op jou beste aan ʼn potensiële werkgewer voor te stel. Gids: Weet jy nie waar om met jou CV te begin nie? Hierdie gids dek alles – van die uitleg en ontwerp van jou CV, tot hoe om jou ondervinding op datum te hou wanneer jy op soek is na werk.

Slypskole

Slypskole maak studente praktykgereed. Hierdie program is tans daarop gefokus om regstudente (voornemende kandidaatprokureurs) en kandidaatprokureurs te bemagtig. Die beginsels en tegnieke wat in dié kursus vervat is, trek kandidate se kennis wat hulle uit ʼn handboek of klaskamer gekry het deur na die praktyk toe. Jy kan uitsien om wenke te kry oor jou voorbereiding, administratiewe sake, voorbereiding vir die hof, asook wenke in verband met die baie skryfwerk wat op jou wag. Slypskole word tans uitgebrei. Hou die ruimte dop.