logomobile logo

Ons beginsels

beginsels-hero-imagebeginsels-hero-image

VERTEL ONS MEER

FLIP BUYS

KYK HIER

Solidariteit se optrede word deur sy Christelike waardestelsel bepaal.

“Ons voel sterk oor Christenskap, ook omdat dit een van die min samebindende waardes in ons verdeelde land is.” - Flip Buys

Christelik en Roeping

Werk en Leer

Gemeenskapsfederalisme,
wedersydse erkenning en respek

Ons glo in

beginsels-christelik

Christelik

Solidariteit werk vanuit ʼn Christelike grondslag. Ons Christelike uitgangspunt bepaal ook ons siening van werk. Werk is edel en gelyk in die Here se oë. Ons glo dus nie in ʼn klassestelsel nie, maar in ʼn gawestelsel waarbinne mense erken en waardeer word.
beginsels-roeping

Roeping

Solidariteit glo dat elke mens sy/haar roeping van die Here ontvang. Ons sal mense help om hulle roeping voluit na te streef. Die Here voorsien ook ʼn toekoms daar waar Hy ons roep. Hoe meer ons doen wat ons moet doen, hoe sekerder word ons van ons toekomsbelofte.
beginsels-werk

Werk en leer

Solidariteit glo dat elkeen wat wil werk goed moet kan werk en dat mense hulle volle potensiaal moet kan bereik. Mense is net werklik vry indien hulle vry is om te kan werk. Ons glo dat kennis ʼn voorwaarde vir goeie werk is en daarom help Solidariteit om kennisinstellings te bou.
beginsels-federalisme

Gemeenskapsfederalisme

Solidariteit glo aan ʼn bedeling waarin gemeenskappe op die laagste vlak moontlik besluite kan neem en die verantwoordelikheid om die besluite uit te voer kan nakom. Dit staan teenoor die idee van staatsentralisme wat vanuit sentrale mag probeer om te regeer en te beheer. Gemeenskapsfederalisme hoef nie vir die regering te wag vir goedkeuring nie, maar sal self doen en optree. Die krag van die gemeenskap is sterker as die mag van die staat.
beginsels-respek

Wedersydse erkenning en respek

Solidariteit glo dat Suid-Afrika ʼn gemeenskap van ʼn groot verskeidenheid van gemeenskappe is. Hierdie gemeenskappe moet in ʼn verhouding van wedersydse erkenning en respek staan. Solidariteit glo daarin om die mooi horisontale verhoudings in Suid-Afrika te beskerm en om die toksiese politieke verhoudinge teen te staan.