logomobile logo

Ons doel

doel-hero-imagedoel-hero-image
doel-comment
“Solidariteit se werk is om mense in staat te stel om hulle roeping na te jaag. Ons werk is ook ten diepste koninkrykswerk.”

Dr. Dirk Hermann

VERTEL ONS MEER

DIRK HERMANN

KYK HIER

Ons skep self ʼn toekoms waarin ons en ons kinders vry, veilig en voorspoedig kan woon en werk. Ons doen dit deur ʼn netwerk te vestig waar ons mekaar kan ondersteun – in jou loopbaan en in jou werk. Solidariteit se doel is dat almal wat wil werk, goed moet kan werk en hulle volle potensiaal moet kan bereik.

Nie net werk nie,
maar goed werk

Nie net goeie werk nie,
maar volle potensiaal

Nie net werk nie, maar goed werk
Ons wil egter nie hê mense moet bloot werk nie; ons wil hê hulle moet góéd kan werk. Goed werk beteken dat jy gelukkig in die werk is, billik behandel word en dat daar nie teen jou gediskrimineer word nie. Om goed te werk beteken dat jou werk jou moet bevredig en dat jy dus roepingsvervulling beleef. Die werkomstandighede moet bevorderlik wees sodat jy jou werk goed kan doen en jou volle potensiaal kan bereik. Indien ʼn regering ʼn ideologie en beleid volg wat onbillik is en wat jou vryheid om te werk verhoed, sal ons hulle met alles in ons vermoë beveg.
nie-net-werk
Nie net goeie werk nie, maar volle potensiaal
Om bloot goed te werk is ook nie goed genoeg nie. Ons wil hê ons lede moet hulle volle potensiaal bereik. Om jou volle potensiaal te bereik, beteken natuurlik om ʼn veilige werksomgewing te skep, vry van onbillike beperkings, onreg en diskriminasie. Dit begin egter al baie vroeër. Dit begin al op skool wanneer die regte vakke, beroepsrigtings en studiegeleenthede gekies word. Dit gaan oor die vermoë om te studeer en oor die plek waar gestudeer word. Dit gaan ook oor bevorderingsgeleenthede, werksgeleenthede en nuwe werksgeleenthede. Dit sluit veral voortgesette leer in om jou potensiaal te bly ontwikkel en altyd op die voorpunt van jou beroep te wees. Laastens gaan dit ook daaroor om die hindernisse wat tussen jou en jou volle potensiaal staan, soos rasbeleide, te beveg en uit die weg te ruim.
nie-net-goeie-werk-nie