logomobile logo

Ons fokus

fokus-hero-imagefokus-hero-image
“Ons brand en breek nie; ons bou en beskerm. Ons wag nie dat die regering ons probleme oplos nie, ons sal dit self doen.”

Flip Buys

fokus-comment

ons-sal-self

#OnsSalSelf

Ons fokus op groter selfstandigheid; nie groter afhanklikheid nie. Die staat wil meer mag aan homself toeëien en daarom spits ons ons daarop toe om die toekoms in ons eie hande te neem met ʼn benadering van minder staat en meer privaat. #OnsSalSelf beteken om self skouer aan die wiel te sit en te werk aan ʼn nuwe realiteit waarin ons vry, veilig en voorspoedig is!
elkeen-help-een

#ElkeenHelpEen

Solidariteit se strategie is daarop gemik om ʼn toekoms vir ons kinders te bou waar hulle hier, aan die suidpunt van Afrika, vry, veilig en voorspoedig kan leef. Dit doen ons deur ʼn netwerk te vestig waar ons mekaar kan ondersteun! #ElkeenHelpEen beteken ons help mekaar as ʼn gemeenskap, van mentorskap en werkfasilitering tot die vestiging van sterker netwerke, sodat jou beroep beskerm word.
ons-bou

#OnsBou

Afrikaners se geskiedenis word geken aan kontras: wanhoop en hoop; verwoesting en opbou; swaarkry en seëvier. #OnsBou beteken om instellings op te rig wat oplossings vir die toekoms bied. Bou saam aan instellings! Bou saam aan ʼn toekoms!
“As ons twyfel oor die toekoms, bou ons dit.”

Dr. Dirk Hermann

fokus-comment