Enige gebruiker is welkom om kommentaar te lewer en deel te neem aan Solidariteit Wêreld, welke kommentaar egter vry moet wees van rassisme, seksisme, homofobie, onvanpaste persoonlike opmerkings, ander vorms van haatspraak of kru, kras en vuil taal.
Gebruikers word gekoppel aan 'n elektroniese profiel.
Gebruikers mag slegs een profiel op Solidariteit Wêreld bedryf.
Gebruikers se kommentaar word outomaties en onveranderd op Solidariteit Wêreld geplaas soos wat dit gelewer word.
Kommentaar moet pas by die beskaafde toon en waardestelsel van Solidariteit Wêreld.
Die doelbewuste ontwrigting van gesprekke, onder meer deur irrelevante, uitlokkende stellings (“trolling” of “flaming”), word nie toegelaat nie.
Agtervolging van mede-kommentators (“stalking”) deur voortdurend op hul kommentaar te fokus en in die weg te staan van sinvolle reaksie op daardie kommentators word nie toegelaat nie.
Herhaaldelike plasing van dieselfde inhoud in verskillende kommentaarstukke of die plasing van irrelevante inligting of skakels na irrelevante webadresse, word nie toegelaat nie.
Rassistiese en seksistiese kommentaar, of kommentaar wat andersins aanstootlik of diskriminerend van aard is, word nie toegelaat nie.
Ander lesers, gebruikers en kommentators mag nie persoonlik aangeval en/of verneder word nie.
Kommentaar moet relevant wees tot die artikel waarop kommentaar gelewer word.
Kommentaar wat geweld aanwakker, haatspraak verteenwoordig, kru of vuil taalgebruik insluit, of lasterlik of Godslasterlik van aard is, sal nie geduld word nie.
Die suksesvolle plasing van kommentaar is onderhewig aan 'n outomatiese siftingsproses gebaseer op 'n vooraf vasgestelde lys ongewenste en onaanvaarbare woorde en frases.
Skakeling, handeldrywing of prysvasstelling met, of gebruik van dienste van 'n onafhanklike diensverskaffer of adverteerder op Solidariteit Wêreld bly die uitsluitlike verantwoordelikheid van die gebruiker.
Solidariteit sal nie as middelman of agent van enige gebruiker van die Solidariteit Wêreld of onafhanklike diensverskaffer of adverteerder optree nie.
Deur die Solidariteit Wêreld-webwerf of enige gedeelte daarvan, ingesluit maar nie beperk tot portale, Solidariteit se Facebook-bladsy en die blogs nie, of die Solidariteit-nuusbrief (gesamentlik die "webwerf"), te gebruik, verbind die gebruiker hom-/haarself aan die gebruiksvoorwaardes soos hier uiteengesit. Die gebruiksvoorwaardes tree in werking op die tydstip wanneer die gebruiker die webblad vir die eerste keer gebruik en vorm 'n ewigdurende ooreenkoms tussen die gebruiker en Solidariteit.
Indien gebruikers hulself nie wil laat bind deur die bepalings en voorwaardes, soos hierin uiteengesit is nie, moet hulle hulself daarvan weerhou om die webwerf te besoek, te gebruik en/of om bydraes te lewer.
Solidariteit Wêreld hou die reg voor om sonder verdere kennisgewing enige kommentaar wat ons insiens nie onderhewig is aan die bepalings van hierdie beleid nie, eensydig te verwyder.
Die gebruiker hoef nie in kennis gestel te word indien sy/haar kommentaar verwyder word nie, en redes vir die verwydering hoef nie deur Solidariteit Wêreld verskaf te word nie.