logomobile logo

Van vakbond na netwerk van werk

vakbond-hero-imagevakbond-hero-image

Solidariteit se bestaansdoel is en bly werk. Die opleidingsinstellings wat uit Solidariteit tot stand gebring is, is ook versterkend tot Solidariteit se fokus op werk.

Solidariteit se werkstrategie het verander weens die ingrypende politieke en ekonomiese verandering in die land. Voorheen was ʼn tradisionele vakbond ʼn goeie voertuig om werk te beskerm en diensvoorwaardes te verbeter. Dit het egter verander. Die kennisrewolusie het die ekonomiese struktuur so verander dat tradisionele industriële vakbonde byna irrelevant geword het.

Solidariteit het die veranderinge vroeg reeds sien kom en ons kon oor die afgelope 25 jaar ʼn alternatiewe strategie ontwikkel. Solidariteit is die enigste vakbond wat ten spyte van al die verandering nog steeds elke jaar kon groei. Die tradisionele vakbond het irrelevant geword, maar werk is meer relevant as ooit tevore.

Vandag is Solidariteit soveel meer as net ʼn gewone vakbond – dit het omvorm in ʼn netwerk van werk wat die volle loopbaanpad saam met sy lede stap.

Waar ons begin het

  • 1902

    Solidariteit is in 1902 gestig as die Transvaal Mynwerkersassosiasie. Sedert sy stigting is mense se werk Solidariteit se bestaansrede.

  • 1929

    Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) gestig.

  • 1949

    Helpende Hand

  • 1997

    Flip Buys het reeds in 1997 aangekondig dat die Mynwerkersunie ʼn beweging moet word. Daar is onmiddellik begin om uitvoering daaraan te gee, en van 1997 tot vandag toe volg ons hierdie strategiese pad. Dit het tot die groter Solidariteit Beweging gelei, maar dit het Solidariteit ook op ʼn nuwe toekomspad geplaas wat antwoorde vir ingrypende uitdagings moet bied. Solidariteit is sedert 1997 aktief betrokke by die bou van veral opleidingsinstellings en is aktief besig om Solidariteit sterker te maak sodat mense goed kan werk en hul volle potensiaal kan bereik. Daar was toe reeds ʼn diep besef dat gemeenskapkrag sterker is as staatsmag.

  • 2006

    AfriForum word gestig

  • 2007

    Sol-Tech open sy deure

  • 2011

    Maroela Media word gestig

  • 2012

    Akademia open sy deure

  • 2013

    Formalisering van die Beweging Trust

  • 2015

    Die Skoleondersteuningsentrum (SOS) word gestig

  • 2019

    Kanton word gestig

  • 2020

    Die Orania Ontwikkelingsmaatskappy (OOM) gestig

Waar ons begin het

1902

Solidariteit is in 1902 gestig as die Transvaal Mynwerkersassosiasie. Sedert sy stigting is mense se werk Solidariteit se bestaansrede.

1929

Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) gestig.

1949

Helpende Hand

1997

Flip Buys het reeds in 1997 aangekondig dat die Mynwerkersunie ʼn beweging moet word. Daar is onmiddellik begin om uitvoering daaraan te gee, en van 1997 tot vandag toe volg ons hierdie strategiese pad. Dit het tot die groter Solidariteit Beweging gelei, maar dit het Solidariteit ook op ʼn nuwe toekomspad geplaas wat antwoorde vir ingrypende uitdagings moet bied. Solidariteit is sedert 1997 aktief betrokke by die bou van veral opleidingsinstellings en is aktief besig om Solidariteit sterker te maak sodat mense goed kan werk en hul volle potensiaal kan bereik. Daar was toe reeds ʼn diep besef dat gemeenskapkrag sterker is as staatsmag.

2006

AfriForum word gestig

2007

Sol-Tech open sy deure

2011

Maroela Media word gestig

2012

Akademia open sy deure

2013

Formalisering van die Beweging Trust

2015

Die Skoleondersteuningsentrum (SOS) word gestig

2019

Kanton word gestig

2020

Die Orania Ontwikkelingsmaatskappy (OOM) gestig
Die Solidariteit Netwerk van Werk is nie iets nuuts nie, maar baie van die harde werk van die afgelope 25 jaar kom nou hier in die netwerk bymekaar. Ons het altyd voortgebou op ʼn vorige fase. Ons kon destyds nie die volledige prentjie sien nie, want baie bouwerk moes nog gedoen word. Sol-Tech, Akademia en die Skoleondersteuningsentrum was destyds eenvoudig te klein om werklik ʼn rol in die netwerk te speel. Dié situasie het nou totaal verander en hulle word net sterker. Ons het gereeld gepraat oor die plan, maar die bouwerk was nog nie voltooi nie. Baie van die bouwerk is nou afgehandel, heelwat daarvan is nog aan die gang en baie gaan nog gebou word.
vakbond-netwerk