Hier onder is ’n opsomming van die voordele wat aan lidmaatskap van Solidariteit verbonde is. Dit is onderworpe aan die grondwet en beleid van die vakbond, asook aan die reëls soos dit in die Reëlboek vervat is, en kan sonder vooraf kennisgewing deur die Hoofraad van Solidariteit gewysig word. Klik op die ikone hieronder vir meer inligting oor die voordele. Klik hier om die ledegids te lees.
Solidariteit-lede kan vir die maandelikse ledegeld, ’n reeks voordele geniet. Alle voordele is onderhewig aan Solidariteit se bepalings en voorwaardes.
Regshulp
Regshulp:
Solidariteit bied 'n telefoniese regshulpdiens aan lede.Arbeidsregshulp:
Solidariteit verskaf gratis regsverteenwoordiging ten opsigte van beroepsverwante sake wat na die KVBA of die arbeidshof verwys word. Sake oor diskriminasie en onbillike aflegging, asook kontraktuele eise word op meriete aanvaar.Sivielregtelike advies:
Solidariteit bied telefoniese siviel-regtelike advies aan lede.Kontak 0861 25 24 23 of www.regsdienste.co.za of regsdienste@solidariteit.co.za
Studievoordeel
Akademia
'n Privaat Afrikaanse hoëronderwys-instelling waar jy in Afrikaans kan studeer, nauurs of deur middel van 'n voltydse kontakmodel.
* Solidariteit-lede en hul afhanklike kinders tot op die ouderdom van 21 jaar kry 20%-afslag op hul eerste jaar van studie.
Bepalings en voorwaardes geld.
Sol-Tech
Solidariteit se beroepsopleidings-instelling wat opleiding in verskeie skaars tegniese vaardighede verskaf.
* Indien beskikbare plekke dit toelaat, geniet Solidariteit-lede se kinders keuringsvoorkeur.
Kontak 0861 25 24 23 of Navrae@sol-tech.co.za of www.sol-tech.co.za
S-leer
Solidariteit se sentrum vir voortgesette leer en professionele ontwikkeling. Solidariteit-lede kry tot en met 40%-afslag op alle kursusse.
Besoek https://s-leer.co.za/
Bevallingsbystand
Bevallingsbystand per kind word aan vroulike lede met 12-maande se ononderbroke lidmaatskap aan Solidariteit betaal. Vir die uitbetalingsbedrag, skakel 0861 25 24 23 of kontak jou naaste dienskantoor.
Sivielregtelike advies
Solidariteit bied telefoniese sivielregtelike advies aan lede.
Kontak 0861 25 24 23 of diens@solidariteit.co.za
Studiebefondsing
Vir Solidariteit-lede en hul afhanklike kinders tel Solidariteit-lidmaatskap addisionele punte wanneer hulle by Solidariteit Helpende Hand Studiefonds-sentrum aansoek doen om finansiële hulp vir tersiêre opleiding. Solidariteit Helpende Hand bestee jaarliks miljoene rande in die vorm van rentevrye studielenings om verdienstelike studente, wat andersins nie sou kon studeer nie, te help.
Kontak 0861 25 24 23 of www.helpendehand.co.za of sfs@helpendehand.co.za
Kollektiewe bedinging
Bekwame en ervare Solidariteit-personeel beding kollektief vir beter diensvoor-waardes en salarisse vir kollektiewe lede by maatskappye waar die vakbond ’n kollektiewe ooreenkoms het.
Kontak 0861 25 24 23 of diens@solidariteit.co.za
Beroepsgesondheid & Veiligheid
Beroepsgesondheid en -veiligheid
Die beskerming van ons lede in die werkplek om beserings te voorkom, maar ook nà beserings, lê ons na aan die hart. Kontak Solidariteit by 0861 25 24 23 of 012 644 4300 vir meer inligting oor die Beroepsgesondheid en -veiligheid afdeling. Jy kan ook jou saak aanmeld by badbgv@solidariteit.co.zaPermanente mediese ongeskiktheids bystand
’n Eenmalige bedrag is vir permanente mediese ongeskiktheidsbystand in die algehele arbeids-mark betaalbaar aan lede met 12 maande ononderbroke lidmaatskap by Solidariteit. Alle eise moet binne ses maande vanaf die datum waarop permanente mediese ongeskiktheid vasgestel is, ingedien word. Vir die uitbetalings-bedrag, skakel 0861 25 24 23 of jou naaste dienskantoor.
Erkenning van vorige lidmaatskap
Nuwe lede by kollektiewe maatskappye wat kan bewys dat hulle onmiddellik voor aansluiting by Solidariteit lid van ’n ander vakbond was, is dadelik op voordele geregtig, met dien verstande dat waar so ’n lid by aanvaarding reeds in litigasie of geskil betrokke is, die voordele van lidmaatskap deur die Hoofraad na goeddunke beperk kan word.
Kontak 0861 25 24 23 of diens@solidariteit.co.za
Begrafnisbystand
Solidariteit-lede wat daarvoor kwalifiseer*, ontvang omvattende begrafnisbystand wat sy/haar gade of benoemde lewensmaat en afhanklike kinders van jonger as 21 jaar insluit.
*Persone wat met aansluiting 50 jaar en ouer is en wat nie by 'n kollektiewe maatskappy werksaam is nie, kwalifiseer nie vir hierdie bystand nie.
Kontak 0861 25 24 23 of jou naaste Solidariteit dienskantoor of diens@solidariteit.co.za
Vir meer inligting rakende die begrafnisbystand klik hier.
Weeklikse Nuusbrief
Soldeer is Solidariteit se weeklikse nuusbrief wat per e-pos aan lede gestuur word. Dit bevat nuus oor die jongste verwikkelinge by Solidariteit en in die Suid-Afrikaanse arbeidsmark.
Kontak 0861 25 24 23
Testament
Testamente word gratis vir lede opgestel en bewaar.
Kontak 0861 25 24 23 of 012 362 1552 of fineks@svslaw.co.za
Loopbaan
CV
Solidariteit-lede kan by Solidariteit Wêreld gratis 'n CV opstel.
Besoek https://jouwerk.solidariteit.co.za/cv/
S-leer
Solidariteit se sentrum vir voortgesette leer om die werkende se loopbaandoelwitte te help bereik.
Besoek https://s-leer.co.za/
Werknet
Werknet is 'n gratis Afrikaanse werksoekportaal. Dit is 'n interaktiewe elektroniese platform waar werksoekers hul CV's kan oplaai en poste kan soek. Werkgewers kan beskikbare poste adverteer en vir geskikte kandidate soek. Solidariteit is nie 'n personeelplasings- en werwingsagentskap nie en aanvaar nie verantwoordelikheid vir die keurings- en plasingsproses nie.
Besoek www.werknet.co.za
Werkskontrakte
Solidariteit bied aan sy lede regsadvies rakende enige werkskontrakte, ongeag waar die lid werksaam is.
Kontak 0861 25 24 23 of https://regsdienste.solidariteit.co.za/
Ontspanning
Vakansievoordeel
Alle volopbetaalde Solidariteit-lede kry 20%-afslag by ons uitgesoekte ontspanningsoord.
Klik hier vir bepalings en voorwaardes geld.
Kontak 0861 25 24 23 of www.kokoriba.co.za
Kraal-klub
Kraal Uitgewers, 'n boekuitgewer wat deel vorm van die Solidariteit Beweging, gee aan Solidariteit-lede gratis lidmaatskap tot die Kraal-klub. Kraal-klublede kry 10%-afslag op Kraal Uitgewers se publikasies.
Besoek www.kraaluitgewers.co.za
Afslag op uitgesoekte vertonings
Solidariteit-lede kry van tyd tot tyd afslag op uitgesoekte teatervertonings. Hierdie aanbiedinge word op sosiale media en in Soldeer aan lede gekommunikeer.
Kontak 0861 25 24 23 of diens@solidariteit.co.za

Beroepsnetwerke
