Staatsinstellings


Solidariteit is bewus van ons mense se toenemende frustrasie oor die vlakke van korrupsie en wanbesteding, veral by staatsinstellings soos Eskom en Denel, maar ook by verskeie staatsdepartemente soos die Departement van Gesondheid se volgehoue pogings om Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) ʼn ondenkbare realiteit te maak. Solidariteit plaas volgehoue druk op die owerhede om in die beste belang van alle Suid-Afrikaners op te tree.
Nuutste veldtog
Geen veldtogte tans gevind
Onlangse oorwinnings
No data
Solidariteit wen saak oor geld vir studie namens SAPD-lid
Geregtigheid het geskied vir ʼn lid van Solidariteit wie se salaris wederregtelik deur haar werkgewer verminder is ná sy suksesvol om ʼn kontantbonus aansoek gedoen het. Brigadier D.C. Mqoni het op grond van ʼn kontantbonusstruktuur in die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), waarmee personeel aangemoedig word om verdere kwalifikasies te verwerf, vir ʼn kontantuitbetaling aansoek gedoen. Dit was nadat sy ʼn nagraadse diploma in openbare administrasie verwerf het. Haar aansoek is goedgekeur en sy het ʼn bedrag van ongeveer R17 600 daarvoor ontvang, aangesien sy reeds die diploma voltooi het. Ondanks vertoë het die SAPD gedurende Junie 2024 begin om hierdie bonusse van die amptenare se salarisse te verhaal.

SAPD-lid ontvang ses maande se salaris en voordele ná twis oor bevordering
Solidariteit het nóg ʼn groot oorwinning behaal in die saak van luitenant kolonel Anelda Badenhorst teen die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD). Die saak het gevolg ná Badenhorst op ʼn onbillike wyse oor die hoof gesien is vir die bevordering van haar posisie as kaptein na ʼn luitenant kolonel. Volgens Badenhorst is sy nie bevorder nie nadat sy duidelik die beste kandidaat vir die pos was. Tydens arbitrasie het dit duidelik geword dat die SAPD kwaadwillig opgetree het deur die puntetoekenning tydens die aanstellingsproses te manipuleer en dat die SAPD nie sy eie nasionale instruksie ten opsigte van bevorderingsprosesse behoorlik gevolg het nie.

Solidariteit gee die SAPD bloedneus oor onbillike arbeidspraktyke
Solidariteit het die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) weereens ʼn vuishou toegedien in die saak van die voormalige adjudantoffisier Gerhard Venter. Die saak het gevolg nadat die SAPD Venter se bevordering tot die rang van kaptein op ʼn onbillike wyse en weens onbillike arbeidspraktyke geweier het. Volgens Venter is hy nie ʼn regverdige kans gegun om bevorder te word nie. Venter werk al langer as 25 jaar vir die SAPD. Hy het tydens sy aansoekproses vir die bevorderings die kortlys gehaal en is ná afloop van die onderhoude as die beste kandidaat vir bevordering tot kapteinsrang aangewys.

Denel: Wanbestuur en staatskaping veroorsaak ellende op ellende
Solidariteit was namens sy lede by Denel verheug nadat ʼn skikking daartoe gelei het dat sowat R300 miljoen se uitstaande salarisse aan Solidariteit-lede en ander werknemers betaal gaan word. Daar is ook ’n skikking met Denel bereik oor die R90 miljoen wat aan Solidariteit-lede verskuldig is. Hoewel hierdie noemenswaardige nuus is wat reuseverligting vir duisende mense bring kan dit egter nie gevier word sonder om aan die werknemers te dink wat soveel swaarkry moes verduur voordat hulle hul swaarverdiende salarisse, wat aan hulle verskuldig was, kon ontvang nie. Die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) het in Julie 2022, ʼn verslag oor die geestelike en finansiële toestand van Denel-werknemers bekendgemaak. Dit volg nadat Solidariteit al vir twee jaar in ʼn regstryd met Denel gewikkel was om die agterstallige salarisse, wat aan sy lede verskuldig is, te delg.

Vorige veldtog
Geen veldtogte tans gevind
Dr. Dirk Hermann