BEL ONS: 012 644 4300
Eskom verval weens rasgekheid!

Minister Gordhan sê Eskom steier steeds onder ʼn gebrek aan ingenieurs- en tegniese vaardighede en ervaring. Dit terwyl Solidariteit reeds vier jaar gelede ʼn kennisbank van hoogs ervare en gekwalifiseerde kundiges aan Eskom en die minister beskikbaar gestel het. Maar hulle was té wit om die ligte aan te hou!

Die regering se beheptheid om transformasie bo kundigheid te kies, sal die land se ekonomie in duie laat stort. Ons sal nie fase 8-beurtkrag aanvaar weens Eskom se obsessie met ras en transformasie nie. Minister Gordhan, Suid-Afrika beskik oor die nodige kennis en ervaring, en ons gaan dit bewys.

Ons doen ʼn beroep op alle ingenieurs, tegnici en ander gekwalifiseerde kundiges om hand op te steek en te #VegTeenVerval. Word vandag deel van Solidariteit se netwerk van tegniese beroepe en voeg jou naam by ons lys van mense met skaars vaardighede.

Eskom Kennis 2022

Registreer / Register

Maak toe / Close